Ons vir jou: verkiezingen in Zuid-Afrika

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Ons vir jou:

Op 7 mei 2014 worden er ook in Zuid-Afrika verkiezingen gehouden.

Hieronder vindt u een opiniestuk van de hand van Henk Van de Graaf in Die Afrikaner 14 – 27 maart.

Via dit bruggetje kan u een uitgebreid gesprek met hem lezen.

 

Interview Henk Van de Graaf“Misdadige stelsel

Daar is nog slegs twee maande oor voor die land weer na die stembus gaan.
Ons het al voorheen gesê dat die uitslag baie voorspelbaar is. Daar kan dalk wel hier en daar ‘n ligte verskuiwing plaasvind, maar die ANC behoort nasionaal gemaklik te wen.

‘n Onlangse meningsopname onder ANC-lede self, het ‘n verrassing opgelewer. Daarvolgens kan die ANC in wat hy Gauteng gedoop het, dalk sy meerderheid verloor. Dit sal beteken dat hy slegs in beheer van dié provinsie kan bly as hy ‘n koalisie aangaan na die verkiesing. En die koalisievennoot wat genoem word, is… die EFF van Julius Malema, hoofsanger van “Skiet die Boere”-faam.

Vir ons is dit nie werklik skokkende nuus nie. Ons het al voorheen voorspel dat indien die ANC steun aan die Malema-groepering sou verloor, hy met hulle in koalisie sal gaan om dus indirek tog die steun te behou. Al wat gaan gebeur is dat die EFF-mense beloon moet word met goeie poste. As die EFF byvoorbeeld nasionaal goed sou vaar en die ANC kan nie meer op nasionale vlak ‘n meerderheid behaal nie, sal die leier van die EFF vergoed moet word vir sy samewerking, en die enigste vergoeding wat hulle waarskynlik sal aanvaar is dat hulle leier die land se adjunk-president moet word.

Dieselfde sal die geval wees op provinsiale vlak.
Uiteraard sal dit beteken dat die EFF dadelik al sy wilde ekonomiese eise tot op die hoogste vlak kan indra en waarskynlik enorme druk uitoefen dat dit deurgevoer word. Hier is dus ‘n ongemaklike situasie aan die ontstaan, aangesien die ANC al hoe meer onder druk gaan kom om Zimbabwe-gewys op te tree.
Intussen het die verskillende politieke partye ook hulle kandidatelyste by die verkiesingskommissie ingehandig. ‘n Hele klomp name verskyn daar van mense wat verbind word met twyfelagtige transaksies soos korrupsie en geldwassery, terwyl daar ook ‘n paar veroordeelde bedrieërs is wat slegs boetes gekry het en nie tronkstraf nie.

Die ANC praat baie van die uitwissing van korrupsie en al die lelike dinge. Maar die kandidate wat hulle parlement toe wil stuur, sluit misdadigers in wat daaraan verbind word. Hulle lede, wat die kandidaatlyste saamstel, gee duidelik nie om daarvoor nie. Trouens, dit wil eerder voorkom as dit as aanbeveling kan dien as jy weggekom het sonder tronkstraf.

So word ‘n misdadige stelsel geskep. As die parlement met sulke twyfelagtige figure gelaai word, moet daar geen illusie bestaan dat dit gaan plaasvind op provinsiale en plaaslike regeringsvlakke ook.
Vir dié mense, groepe en organisasies wat deel wil word van daardie misdadige bestel, kan ons net sê: Sterkte! Maar ons wil eintlik meer sterkte toewens aan die mense, groepe en organisasies wat hulle beywer om “die land te laat werk”.
So ‘n bestel is fundamenteel vrot. Daarom sal dit nooit kan werk nie.

Boonop is so ‘n vrot samelewing vreemd aan ons Boere-afkoms en ons Afrikanerkultuur. Die enigste manier waarop so ‘n bestel kan werk, is om self net so vrot en misdadig te word. Natuurlik is daar enkelinge wat nie omgee om so te word ter wille van persoonlike voordeel en gewin nie. Maar die meerderheid Afrikaners se opvoeding is anders – totaal teenstrydig daaraan.

Ons kan die huidige stelsel van alle kante beoordeel. Ons kan welke rede ook soek om regverdiging te vind om nie aktief by ons vryheidstryd betrokke te raak nie. Al wat gebeur is dat die opponente en pasifiste ten opsigte van ons vryheid, hulle onbewus (sommiges selfs bewus) laat insleep by die misdadige bestel. Hulle sal soos die spreekwoordelike appel in die mandjie aangesteek word deur die vrottes wat al die meerderheid van die mandjie uitmaak.

Meningspeilings wys klaar weer dat hierdie verkiesing nog meer mense gaan wegbly van die stembus. Die wegblystem word die stille meerderheid, maar dis ‘n ontevrede stem wat al hoe harder brom, en een of ander tyd tot uitbarsting gaan kom.
Die Afrikaner se heil lê nie in die bestel nie. Telkens word daar weer iets oopgevlek wat mense laat besef dat hierdie bedeling nie volhoubaar is nie. Die ANC weet dit ook, maar hulle geniet hulle sadistiese rol as onderdrukker en vernederaar van die witman. Maar hulle sal een of ander tyd besef dat die swyende meerderheid, nie vir altyd stil gaan bly nie. Dit is in die ANC se hande of daar dan ‘n vreedsame oplossing gaan kom, en of hy ook eers wil leer uit die onlangse geskiedenis van ‘n Arabiese lente. Suid-Afrika is nie ver daarvandaan nie! “

Dank voor de inzending aan Peter Murray

Lees ook het artikel: Boere het meer risiko’s as polisie

 

4 gedachten over “Ons vir jou: verkiezingen in Zuid-Afrika

  1. Peter, vooreers baie gelukwense met jou verjaarsdag! Hoop jy het hierdie dag kan geniet. Geluk en voorspoed in jou nuwe lewensjaar!

    Baie dankie ook vir jou onophoudlike inspannings om vir ons, Vlaamse bloglesers, te verduidlik wat aangaan in die “nuwe Suid-Afrika”.
    Ek hoop jou bydaes sal nie hulle koud laat nie. Net jammer daar is so min respons oor wat jy skryf.
    Mooi bly en maak so verder!

  2. Peter, vooreers wens ek jou ‘n gelukkige verjaarsdag!
    Hoop jy het hierdie dag kan geniet. Baie geluk en voorspoed in jou nuwe lewensjaar!

    Baie dankie ook vir jou onophoudlike inspannings om vir ons, Vlaamse bloglesers, te verduidlik wat aangaan in die “nuwe Suid-Afrika”.
    Ons kan maar hoop dat jou bydraes hulle nie sal koud laat nie.
    Ook as daar min respons is oor wat jy skryf, maak so verder.
    Mooi bly!

  3. Dankie Ropie, en alle bloglesers. Tans ervaar ek probleme met my rekenaar. Elke keer wanneer dit onweer by ons is, is daar probleme met die Internet. Ek het die afgelope 25 jaar al seker 10 telefone en meer as 15 modums verloor, wat deur die bliksems beskadig is So, kon ek nie reageer op die tientalle gelukwensings van my facebook-vriende wat ek die afgelope 48 uur ontvang het nie. Ek het ook nog nie op almal gereageer nie.
    Ek sê dus nou hiermee dankie aan almal wat goeie wense aan my gestuur het. Ek waardeer dit opreg!
    * Bostaande kaart van plaasaanvalle en plaasmoorde, sal vir die goed ingeligte leser min klink, maar daar moet besef word dat hierdie gegewens uit een bron kom. Ongelukkig is nie alle plaasmoorde sedert 1 Januarie 1990 aangeteken nie, en die verskillende bronne het gegewens onafhanklik van mekaar versamel. Die presiese getalle sal dus nooit bekend wees nie, maar lesers kan aanvaar dat TLU-SA se syfers konserwatief is, en dus die absolute minimum sal wees. Alle ander bronne se syfers is hoër, maar kan ongelukkig nie altyd bewys word nie. Wat dan ookal die absolute korrekte syfers sou wees; hierdie syfers van TLU-SA is genoeg om ENIGE volk ter wereld – hoe groot of hoe klein ookal – tot kommer te strek. “Een moord is een moord té veel, en kan nie geduld word nie.” Vir ‘n klein volk van minder as 5-miljoen (waarvan 3-miljoen steeds in hul geboordeland woon, en sowat 1,2-miljoen in asiel in die buiteland woon) is hierdie syfers veels te hoog. Tegnies gesien, grens dit aan GENOCIDE, al ontken al ons vyande dit.
    * Met die steun (morele steun asook ander soorte van steun) van ons stamlande, kan ons dit oorleef. Ons volk moet veral aangemoedig word om die “vleispotte van Egipte” te verlaat, en hulle in die “Land Kanaan” te gaan vestig. Vir 3-miljoen volksgenote om wydverspreid in ‘n groot land soos Suid-Afrika (1 219 080 vk/km) te woon, is ‘n resep vir moeilikheid. Ons moet “konsolideer”; ons moet nader aan mekaar woon; ons moet mekaar help; ons moet meer dikwels kontak met ons stamgenote in Europa maak; ons moet ons geldgierigheid en selfsugtigheid los, en ons mede-volksgenote beskou as ons eie verantwoordelikheid – net soos wat die hoof van ‘n gesin na sy vrou en kinders moet omsien!
    Ek versoek ons vriende in Europa om ons volk aan te moedig om die inisiatiewe op Kleinfontein en Orania te ondersteun. Kleinfontein is die embrio van ‘n toekomstige volksrepubliek in die noordooste van ons land; en Orania is die embrio van ‘n toekomstige volksrepubliek in die suidweste van ons mooi groot land.
    “Nou waarom dan twee republieke, en nie net een nie?”, sou u vra. Wel, een van die redes is dat ons volk verdeeld is. Twee republieke in twee verskillende dele van ons land, sal méér volksgenote lok as slegs een. Die gebied in die noordooste sluit ondermeer plekke in, soos: Bloemfontein; Potchefstroom; Pretoria; Nelspruit; Ermelo; en Richardsbaai.
    Die gebied in die suidweste sluit plekke in, soos: Saldanhabaai; Lambertsbaai; Hondeklipbaai; Kleinzee; Prieska; en Vanderkloofdam.
    Die twee gebiede is binne 1 000 km van die land se verste uithoeke. Geen volksgenoot het dus nodig om verder as 1 000 km na die naaste volkstaat te verhuis nie.
    Van die grootste verskille tussen die twee gebiede, is: Die weste is 20 keer veiliger as die ooste; die ooste is natter as die weste; die ooste is koeler as die weste; die ooste het meer minerale rykdom as die weste; die weste het slegs 7-miljoen swart bewoners, terwyl die ooste sowat 50-miljoen het; en, in die weste is 70% van die bewoners Afrikaanssprekend, terwyl slegs 7% van die bewoners in die ooste Afrikaanssprekend is.
    Volksgenote binne die 2 republieke sal veel veiliger wees as wat hulle buite die grense van genoemde 2 republieke sal wees. Aanvanklik sal die lewe in die republieke moeilik wees, omdat die infrastruktuur binne – veral die westelike deel – baie swak is, maar deur SELFWERKSAAMHEID kan die republieke altwee SELFSTANDIG en 100% onafhanklik van Swart Suid-Afrika word.

  4. Ek nodig alle belangstellendes uit om Suid-Afrika met hul volgende vakansie te kom besoek.
    Die spreekwoord lui: SIEN IS GLO.
    Weens die hoë misdaad in ons land, kan ek ongelukkig niemand se veiligheid waarborg nie, maar as u die basiese veiligheidsmaatreëls tref; liefs in groepe beweeg; nie swart woonbuurtes besoek nie; nie alleen in die straat loop nie; en nie uit u voertuig stap wanneer u probleme met u voertuig ervaar nie; behoort dit redelik veilig te wees. Die Noord-Kaap en die Wes-Kaap is ons veiligste provinsies, waar dit wel moontlik is om u voertuig te verlaat. Die middestad van Kaapstad, asook die onmiddelike omgewing binne 30 km van die Internasionale Lughawe, is buitengewoon gevaarlik. Die Wes-Kaapse platteland is redelik veilig.
    As u ons land besoek (ongelukkig is die land te groot om alle dele met een slag te sien) sal u ‘n idee kry van sy grootte; sy verskeidenheid natuurtonele; sy verskeidenheid kulture; en van die moontlikhede om die land te verdeel. Die vyande van die Afrikaner/Boerevolk wil niks van verdeling weet nie, en beskou dit as rassisme en as diskriminasie, maar iedereen met net ‘n klein bietjie verstand, sal toegee dat verdeling tussen wit en swart wenslik en onvermydelik is. Daar is ook ‘n aansienlike hoeveelheid bruinmense wat ‘n eie grondgebied begeer, en wat ‘n toekoms onder swart beheer vrees!
    * Suid-Afrika het 2 internasionale lughawens (Kaapstad en Johannesburg), wat direk met Schiphol verbind is; asook 2 groot lughawens in Durban.
    Daar is ook groot lughawens in George (Wes-Kaap); Port Elizabeth (Oos-Kaap); Oos-Londen (Oos-Kaap); Mtata (Oos-Kaap); Kimberley (Noord-Kaap); Bloemfontein (Vrystaat); Upington (Noord-Kaap); Mafikeng (Noordwes Provinsie); Nelspruit (Mpumalanga); Hoedspruit (Mpumalanga); en Polokwane (voorheen Pietersburg) in die Limpopo Provinsie.
    Daar is ook groot lughawens in ons buurlande: Maseru (Lesotho); Keetmanshoop (Namibië); Manzini (Swaziland); Gaborone (Botswana); Maputo (Mosambiek); Selebi Pikwe (Botswana); en Windhoek (Namibië).
    Aangesien Suid-Afrika uit 3 klimaatstreke bestaan, sou dit wenslik wees om ons land 3 of 4 keer te besoek; een keer in die Winter (Mei tot Augustus); een keer in die Somer (November tot Februarie); een keer in die Herfs (Maart tot April); en een keer in die Lente (September tot Oktober).
    Die Kaapse weskus (van Alexanderbaai in die noorde, tot by Kaap L’Agulhas in die suide) het ‘n Meditereense klimaat. Dit reën in die koue Wintermaande en is droog en warm in die Somermaande.
    Die Suid-Kaapse kusgebied (van Agulhas tot by Oos-Londen) het ‘n matige klimaat en kry dwarsdeur die jaar reën.
    Die binneland kry hoofsaaklik in die Somermaande reën. Die hoeveelheid reën wissel van 50 mm in die verre weste, tot 2 000 mm in die verre ooste van die land.
    Berei dus u vakansie goed voor, voordat u op die vliegtuig instap.
    (Sover my kennis strek, is daar tans geen deel van ons land waar daar gevaar van malaria is nie, maar dit sou raadsaam wees om navraag by die ambassades te doen).
    Treinvervoer in Suid-Afrika is in die algemeen swak. Die Bloutrein (wat tussen Pretoria en Kaapstad loop) en die Gautrein (wat tussen Pretoria en Johannesburg loop) vergelyk goed met internasionale standaarde, maar die res van die land se treine is nie aan te bevole nie.
    Daar bestaan geen gereelde seevervoerdienste nie, maar van tyd tot tyd kan seevaarte per plesierskip tussen Kaapstad en Beira in Mosambiek onderneem word.
    Die land beskik oor verskeie langafstand-busdienste, waarvan InterCape Busdiens die bekendste en gewildste is. InterCape loop van Kaapstad af in 4 verskillende rigtings, en bedien die hele land, asook die meeste buurlande.
    Daar is ook spesiale busdienste na vakansie bestemmings, soos wildparke, natuurparke en allerlei besienswaardige plekke.
    Voertuie kan by alle groot lughawens gehuur word. Die Campmobiles en Campers is veral gewild onder oorsese toeriste. Toeriste word egter gewaarsku om nie van enige kampterrein (Campings) gebruik te maak nie, aangesien diefstal en geweldmisdaad dikwels in afgeleë kampeerterreine voorkom.
    Die ideaal is om saam met plaaslike vriende te reis, maar indien u geen vriende hier het nie, moet u maar sorg dat u in ‘n groep reis en in ‘n groep oornag.
    * Blommeliefhebbers word aangeraai om die land van Julie tot Oktober te besoek. Indien dit in die Winterreënstreek goed gereën het (Junie, Jullie) sal daar van einde Julie tot begin September baie veldblomme te sien wees. Spesiale busse vir toeriste vertrek elke dag uit Kaapstad na Springbok, om aan buitelandse toeriste die blommeprag te wys.
    Suid-Afrika se twee gewildste toeriste-streke, is die Kaapse Tuinroete (tussen Kaapstad en Port Elizabeth); en die ou Oos-Transvaal (Mpumalanga Provinsie), waar vele besienswaardighede te vinde is. Die bekende Kruger Nasionale Park, talle watervalle, en kleiner wildparke, is daar te sien. Die beste tyd van die jaar om die gebied te besoek, is eweneens in die Winter. Ook KwaZoeloe-Natal, moet liefs in die Wintermaande besoek word.
    Suid-Afrika se gewilde sandstrande is op hul aangenaamste in Desember en Januarie, wanneer die land se vakansie-seisoen sy hoogtepunt bereik.
    Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Port Elizabeth en Durban is die land se grootste Metropole, en buitelandse toeriste word versoek om uiters versigting te wees, en om nie die swartes te vertrou nie.
    * Ons, wat regses is, sien uit na u besoek. Skakel gerus met Pretoria, Kleinfontein, Bloemfontein, Hopetown, en Orania se regses. Daar behoort iemand te wees wat u graag op ‘n besigtigingstoer sal wil neem.

Reacties zijn gesloten.