Ons vir jou: Geloftedag of Verzoeningsdag?

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Geloftedag of Versoeningsdag?

Op 16 Desember 1838 het die bekende “Slag van Bloedrivier” by die Ncomerivier in die provinsie KwaZoeloe-Natal plaasgevind.  Omdat dit ‘n kwessie van lewe en dood was, en die Zoeloes van plan was om die handjievol Voortrekkers uit te wis, het die blankes geen ander keuse gehad om hulself te verdedig nie.

Moderne politiek-korrekte kritici wil gedurig rassisme aan alles koppel, en die Afrikaner-Boerevolk, en sy geskiedenis, is ideaal om te kritiseer.  Hierdie mense, die politiek-korrektes, doen hul aller beste om die Afrikaner se geskiedenis te verander.  Die ANC voel erg gekwets wanneer blankes oor hul barbaarsheid en agterlikheid kla, en na Zuma se 5 vrouens en 30 kinders as onbeskaaf verwys.  Daar word dan gesê dat Suid-Afrika se mense tolerant moet wees en mekaar se kulture moet respekteer.  Maar, dit is gewoonlik heel eensydig.  Swartes respekteer geensins hul wit landgenote se kulture nie.

In 1994, nadat die swartes gekla het, en nadat die linkse- en ultra-linkse blankes saam in die swart koor gesing het, is daar besluit om die bestaande openbare vakansiedag – 16 Desember – af te skaf, omdat dit kwansuis ‘n rassistiese dag sou wees.  Die protes van die regses het die besluitnemers toe van plan laat verander.  16 Desember kan nog steeds ‘n “vakansiedag” wees, maar dan moet die naam verander.  Dit sou voortaan as Versoeningsdag bekendstaan, en nie Geloftedag soos wat dit reeds dekades lank genoem word nie.  Die naam was eers Dingaansdag, omdat dit die verowering van koning Dingaan se impi’s (troepe) deur die Voortrekkers gedenk het.
Die naam Voortrekkers is aan die Europese immigrante in die destydse Kaapland gegee wat eerste uit die nuwe Britse kolonie weggetrek het.  Omdat hulle hul mede volksgenote vooruitgegaan het, is na hulle verwys as die vrye burgers wat solank vooruit trek.  Die ander name – “Afrikaner” en “Boer” – was toe nog nie algemeen in gebruik nie.  Aangesien die meeste trekkers boere was, het hulle die bynaam van “Boerevolk” gekry.  Ander het hulself onderskei van die VOC-onderdane deur hulself “Africaanders” te noem.

Deesdae is daar ‘n groot gestryery oor wat ‘n Afrikaner is, en wat ‘n Boer is, maar in der waarheid is dit dieselfde soort mense, wat van dieselfde vlees en bloed is.  Mens kan dit byna met die Vlaminge en die Zeelanders vergelyk.

Die Voortrekkers, wat uit Kaapland weggetrek het om van die Britse owerhede weg te kom, het deur Natal getrek op soek na kos en water vir hul diere.  Die Zoeloekoning, Dingaan, het sy impi’s opdrag gegee om die Voortrekkers aan te val.  Op Sondag 16 Desember 1838 het sowat 10 000 Zoeloes die laer van die Voortrekkers, wat uit 470 siele bestaan het, aangeval.  Die 470 mense het nie slegs uit Voortrekkermans bestaan nie, maar daar was ook vrouens en kinders by.  Daar was ook ‘n paar kleurlinge wat werknemers van die veeboere was.  Daar was ook enkele Europese immigrante wat die trek meegemaak het in die laer.

Lêer:Bloedrivier.gifGedurende die skermutseling is slegs 3 mense binne die laer gewond, nadat Zoeloespiesse hulle getref het.  Aan Zoeloekant het 3 000 impi’s gesneuwel.

Lêer:Sarel-Cilliers.jpg

Sarel Cilliers

Aangesien die groepie Voortrekkers se lewens in gevaar was, is daar vooraf vir ‘n oorwinning gebid.  Daar bestaan verskillende teorieë oor wanneer, waar en deur wie die gelofte of belofte gemaak is, omdat geen geskrewe verslag deur navorsers gevind kon word nie.

Sekere mondelingse getuies het gesê dat die Voortrekkerleier – Andries Pretorius – self die gelofte afgelê het, terwyl ander getuies gesê het dat die geestelike leier – Sarel Cilliers – ‘n belofte gemaak het.https://i1.wp.com/fbcdn-sphotos-a-a.akamaihd.net/hphotos-ak-prn1/q71/1486739_10201142274502212_472638512_n.jpg?resize=450%2C600&ssl=1

Andries Pretorius

Daar bestaan ook verskille oor die presiese bewoording van die twee Voortrekkerleiers.  In kort kom dit daarop neer dat die leiers dit eens was dat God se hulp nodig was, en dat hulle (die Voortrekkers) nie die slag sal kan aandurf sonder die hulp van Bo nie.  In die een verklaring staan dat die Voortrekkers – in ruil vir ‘n oorwinning – vir God ‘n “huis” (kerk) sou bou, en dat die 16de Desember vir altyd soos ‘n Sabbat geheilig sou word, en dat dié boodskap oorgedra sal word aan alle nageslagte.

Die viering van die dag is nie aanvanklik deur almal aanvaar nie.  Behalwe dat mense wat nie deel van die Slag van Bloedrivier was nie (soos swartes, bruines, immigrante, en ander vreemdelinge), van die Gelofte uitgesluit is, was daar (en is daar steeds) mense wat hulle nie deur so ‘n Gelofte wou/wil bind nie.

Tussen 1838 en 1910 (toe die Afrikaner-Boerevolk finaal hul vryheid verloor het), skryf geskiedkundiges, het daar nie veel gebeur om die Slag van Ncome Rivier, ook bekend as die Slag van Bloedrivier, te gedenk nie.  Pretorius en Cilliers se verslae verskil in vele opsigte van mekaar.

In Natal was daar wel individue, wat deel van die Slag was, wat die oorwinning gedenk het.  Die Voortrekker – Eerwaarde Erasmus Smit – skryf in sy “7de Jaarlikse Verslag” in 1844 in die De Natalier koerant oor “16 Desember”.  Daar is ook in ‘n berig in die koerant se uitgawe van 1862 oor die onderwerp geskryf.

In 1864 het die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Natal ‘n beroep op alle lidmate gedoen om 16 Desember as ‘n Dankdag (in Engels: Thanksgiving) te vier.  Daar is ook melding gemaak van byeenkomste in 1864, 1865, 1866, en 1867.

In 1865 is 16 Desember in Transvaal (De Zuid-Afrikaansche Republiek) tot openbare vakansiedag verklaar, maar die Transvalers was nie so gretig soos die Natallers om die dag te gedenk nie, en het eers in 1877 begin om feeste te hou.  Transvalers het saam met die Engelse aan jagtogte en Krieketwedstryde deelgeneem.  Vele sake-ondernemings in Transvaal het op 16 Desember gewoon oop gebly, en koerante is verkoop, terwyl die feeskomitees dit uitdruklik verbied het.

In 1875 het die naam Dingaansdag vir die eerste keer in die koerant De Volksstem verskyn, en sou dit die amptelike naam van 16 Desember word.  Die koerant het terselfdertyd gewonder of die swak ondersteuning van Dingaansdag nie ‘n teken van die gebrek aan nasionalisme is nie.  Nadat Transvaal in 1877 deur die Britte geannekseer is, is amptelike funksies, soos Hooggeregshof-sittings, op 16 Desember gestaak.

Maar, in 1879 het die Britse goewerneur, Sir G J Wolseley, Transvalers verbied om 16 Desember te vier.  Burgers (volksgenote) het egter die goewerneur se verbod geïgnoreer, en nasionalisme het begin groei.  ‘n Reuse saamtrek van volksgenote in Transvaal is op 16 Desember 1880 by Paardenkraal gehou.  President Paul Kruger het die volk se mislukkings – soos die verlies aan onafhanklikheid, en die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog – direk verbind aan die volk se weiering om die Voortrekkers se Gelofte na te kom.  In 1880 het 5 000 Burgers ‘n stapel klippe by die Paardekraalmonument gepak, waar daar sederdien gereeld “Dingaansfeeste” gehou word.  President Kruger het ‘n beroep op almal gedoen om dit ‘n godsdienstige fees te maak en nie ‘n politieke een nie.  Later jare het sekere feeskomitees 15 Desember bygevoeg.  Op die 15de is daar dan deur die dag Boeresport gehou, en die aand van die 15de is daar politieke toesprake gehou.  Die volgende dag – 16 Desember – is ‘n suiwer Sabbatdag, en mag daar geen politiek gepraat word nie.

In die Vrystaat is 16 Desember in 1894 tot ‘n amptelike openbare vakansiedag verklaar.

Na ‘n uitmergelende oorlog van byna 3 jaar, wat deur Brittanje gewen is, en wat die volk in beide die Vrystaat en Transvaal verarm gelaat het, moes volksgenote uit die as opstaan en van voor af begin.  In 1910 is die volk verder verneder toe die Vrede van Vereeniging ondereteken is.  In 1914 het ‘n gedeelte van die volk in opstand teen die ondertekening van die vredesakkoord gekom, en in 1915 het die Rebellie uitgebreek.  Die Rebellie is onderdruk, en vele trane is gestort toe sekere rebelle terreggestel is.  Die swaarkry was nog nie verby nie, en ‘n lang stryd het vir die volk voorgelê.  ‘n Uitmergelende droogte – wat die volk verder verarm het – het in 1933 sy hoogtepunt bereik.  In 1934 is die land deur ‘n hewige vloed getref, wat verder daartoe bygedra het om boere te verarm.

Intussen moes volksgenote teen diskriminasie deur Engelssprekende landsgenote veg.  Die taal – Afrikaans – is deur die Engelse geminag, die volk se kultuur is geminag, en werkreservering vir Engelse alleenlik, het verder tot die ekonomiese agteruitgang van die Afrikaner-Boerevolk bygedra.  Gelukkig is Afrikaans in 1927 in die parlement as amptelike taal erken, en in 1933 het die eerste Bybels in Afrikaans verskyn.

Alhoewel die ouer garde slegs in Nederlands gelees en geskryf het, was die omgangstaal Afrikaans.  Die behoefte aan leesstof in Afrikaans was dus groot, en die Bybel in Afrikaans was ‘n reuse deurbraak, aangesien vele volksgenote slegs die Bybel gelees het.
Al die swaarkry het mettertyd die volk bymekaar gebring, en nasionalisme het gegroei.  Arm volksgenote het in die stede gaan werk soek.  Finansiële instellings soos die Beurs, was vir Engelse en Jode gereserveer, en werksomstandighede in die myne is doelbewus vir Afrikaners moeilik gemaak.  In 1922 het Afrikaner-mynwerkers gestaak.  Dit was die eerste, maar ook die laaste keer dat Afrikaners in Suid-Afrika, op enige werkplek, gestaak het.  Afrikaners het geleer om hard te werk en om met hul lot tevrede te wees …. die enigste plek waar ‘n Afrikaner kan gaan kla, en hulp kan ontvang, is by die troon van God, sy Skepper.  Die staking van 1922 is gestop toe die destydse Minister – Generaal Jannie Smuts – ‘n ultra linkse Afrikaner in ‘n oorheersend Engelse regering, opdrag gegee het dat daar op sy eie mense geskiet moet word.  Tientalle onskuldige volksgenote is in opdrag van die Afrikaner-generaal doodgeskiet.  (Smuts was die eerste groot verraaier van sy volk, terwyl F W de Klerk die tweede groot verraaier was).
In 1938 het die leier van die destydse Nasionale Party – Dr D F Malan – dit uitdruklik gestel dat die volk Dingaansdag moet bly gedenk, en dat die terrein by Bloedrivier (in Zoeloe: Ncome-rivier) “heilige grond” is, en dat dit vir die nageslag bewaar moet word.  Hy het verder gesê dat die Slag van Bloedrivier die volk verenig het, en dat die viering daarvan, nasionalisme bevorder.  Hy het verder verklaar dat Bloedrivier die land as ‘n Christelike staat gevestig het.  “Dit gaan nie hier oor rassisme nie.  Dit gaan nie hier oor politiek nie.  Dit gaan hier oor Christene wat aan God gehoorsaam is.  Ons het ons afhanklikheid van God erken, en ons het daarom Sy hulp gevra.  Hy was getrou, en Hy het ons van uitwissing gered,” het Dr Malan gesê.

In 1952, 300 jaar nadat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het, het die Nasionale Party van Dr Malan die 16de Desember as ‘n amptelike openbare vakansiedag verklaar toe hy dit op die Wetboek laat plaas het.  Dit was nou ‘n godsdienstige openbarer vakansiedag, en sou voortaan soos ‘n Sondag eerbiedig word.  Geen handel mog op 16 Desember bedryf word nie; geen georganiseerde sport; geen teater-opvoerings of bioskoopvertonings; en geen lawaai.  Ook geen mynwerk mog gedoen word nie.  Die naam “Dingaansdag” is na “Geloftedag” verander.  Dr Malan het dit gedoen, deels om nie die Zoeloevolk te beledig nie.  Die Zoeloes moes weet dat dit nie oor die oorwinning van een rassegroep oor ‘n ander rassegroep gaan nie, maar dat dit ‘n godsdienstige dag is.

In 1961, toe Dr H F Verwoerd die naam van die Unie van Suid-Afrika na die Republiek van Suid-Afrika verander het, was die ANC (African National Congress) woedend (so ook die meeste Engelse en linkse Afrikaners).  Die ANC het verskeie terreurdade vir 16 Desember beplan.  Hul militêre vleuel – Umkhonto we Sizwe – sou verskeie teikens met plofstof opblaas.

Afrikaners in die buurstaat – Namibië – het ook sedert 1948 gereeld “Dingaansfeeste” gehou, wat later “Geloftedagfees” genoem sou word.  Die swart Namibiane, asook linkse Afrikaners en Duitsers, het die viering van Geloftefeeste veroordeel en in 1983 gevra dat dit in Namibië, wat toe nog ‘n mandaatgebied van die Republiek van Suid-Afrika was, vanaf 1983 te verbied.  Suid-Afrika het egter geweier, maar toe Namibië in 1990 onafhanklik geword het, is die meeste wette wat Afrikaners in daardie land se kultuur moes beskerm, tot niet verklaar.

In 1994 is die naam van Geloftedag na The Day of Reconciliation verander.  So word die Afrikaner se kultuur vernietig en geminag, terwyl Afrikaners dit nie teenoor ander volke mag doen nie.

Sedert die afsterwe van oud-president Nelson Mandela op 5 Desember 1913, het die haat teen alles wat Afrikaans is, en alles wat maar net effens met die Afrikaner-Boerevolk te doen het, na vore gekom.  Op die Nederlandse televisie is gevra waarom daar so min blankes op die begrafnisdiens van Mandela gesien is.  ‘n Antwoord op dié vraag sou byna onnodig wees.  Waarom sou die blankes – om nou nie eers van “regse Afrikaners” te praat nie – dan, na aanleiding van bogenoemde, hul gesigte op ‘n terroris soos Mandela se begrafnis wys?  Dit sou nie slegs vir hulle ‘n absolute vernedering gewees het nie, maar ook lewensgevaarlik!

Peter Murray

http://www.bloedrivier.org/web/

3 reacties op “Ons vir jou: Geloftedag of Verzoeningsdag?

  1. Dankie aan die redaksie vir plasing van hierdie artikel, asook die gebruik van die 2 videos. Dit is net jammer dat die 2de video so vinnig is. Ek vind dit moeilik om die teks te lees, omdat die vervaardigers van die video die leser nie eintlik kans gee om die teks te lees nie. Dit is egter nie Golfbrekers se skuld nie, maar wel die vervaardigers van die video.
    Die 2 video’s gee aan die oningeligte leser/kyker ‘n goeie idee van wat in Suid-Afrika gebeur het, en wat steeds in ons land gebeur.
    Mandela se afsterwe, asook alle gebeure daaromheen, het aan die buitewereld getoon hoe EENSYDIG die politici en die media kan wees. Nooit ooit is daar enigiets negatiefs deur enige media (plaaslik en oorsee) oor of van Mandela vermeld nie. Dit is dan ook geen wonder dat Mandela deur vele as ‘n “heilige” gesien word nie. “As die man dan so wonderlik is – soos deur die media aangebied – dan moet hy mos ‘n god wees,” sou die oningeligtes oorsee dink.
    Dit is daarom ons – die gewone landsburgers – se plig om aan die buitewereld Mandela se “donker kant” deur middel van die “alternatiewe media” te skets.
    Die Internet en die mobiele telefone (selfone) is ons enigste hulpmiddels om die boodskap na oorsese bestemmings te versprei.

  2. Lesers moet asseblief nie dink dat Suid-Afrika – na 1994 – in ‘n paradys verander het nie. Ons vyande (die Engelse, die Jode, en die swartes) is steeds bedrywig, en hulle veg steeds teen ons, om ons ondergang, en uiteindelike uitwissing, te bewerkstellig.

Reacties zijn gesloten.