2 gedachten over “Ons vir jou: Orania

  1. Orania is ons eerste en oudste groeipunt. Maar, aangesien die agteruitgang in Suid-Afrika nou al hoe vinniger vorder, en meer-en-meer Afrikaners hul werk verloor, dakloos word, verarm word, die slagoffers van misdaad word (geweldsmisdaad, gewone misdaad en bedrog), word die behoeftes aan alternatiewe al hoe groter.
    Van die sowat 4,5-miljoen blankes in Suid-Afrika, is ruim 3-miljoen Afrikaanssprekend, en die afstammelinge van Duitse, Franse en Nederlandse immigrante. Van hierdie 3-miljoen mense is sowat 1-miljoen verarm en gemarginaliseer. Van hierdie 3-miljoen mense woon 600 000 plus in sogenaamde “wit plakkerskampe”, of sloppenwijken voor Afrikaners.
    Van hierdie arm Afrikaners is meer dan 20 000 bejaardes. Hulle kan hulself nie help nie, en is van “barmhartige samaritane” se hulp afhanklik.
    Waar ORANIA ‘n dorp vir die rykes is, wil sy buurdorp – HOPETOWN – , ‘n dorp vir die hulpeloses wees. ‘n Dorp vir die verstote bejaardes. ‘n Dorp vir die verstote kinders en jongmense. ‘n Dorp van HOOP vir die verstote volk, die Afrikanervolk.
    Saam met Orania is Hopetown, Strydenburg, Prieska, Hondeklipbaai en Doringbaai nou ook “GROEIPUNTE”, waar voornemende beleggers gevra word om te help met ontwikkeling.
    * Die spreekwoord sê:”SIEN IS GLO!” Ons nodig dan nou al ons vriende in Europa uit om ons VRYHEIDSGEBIED persoonlik te kom besoek, sodat u eerstehands kennis met ons land kan maak.
    Vlieg tot in Johannesburg, of Kaapstad, en huur dan ‘n voertuig op die lughawe waarmee u verder deur die land kan reis. Die naaste lughawe aan Hopetown en Orania is Kimberley, maar dit is ongelukkig ‘n heel klein lughawe. Johannesburg is sowat 600 km van Orania, en Kaapstad is 850 km van Orania.
    Indien u na die Weskusgebied wil reis, is Hondeklipbaai 530 km van Kaapstad en sowat 1 300 km van Johannesburg. Die beste tye van die jaar om die Afrikaner-volkstaat te besoek, is Maart tot Mei, en weer Augustus tot Oktober. Van November tot Februarie is dit erg warm en soms droog. Van Junie tot Augustus is dit koud. Aan die kus is dit nat, terwyl dit op Orania droog is in die winter, en soms nat is in die somer.
    Vir meer besonderhede, gaan na: http://degoedehooptrust.org
    Of, skryf aan Dick Davel by afrdick@gmail.com
    Selfoon: 072-406-2202
    * Van Orania tot op Doringbaai (met kortste roete) is dit 750 km.

  2. Diegene wat oor die geriewe van Google Earth en Google Maps beskik, kan gerus gaan kyk waar ORANIA en waar DORINGBAAI is.
    Ek vind Google Maps beter, maar lesers kan self besluit watter diens die beste is. Die kuslyn tussen Kaapstad en die Oranjeriviermond (die grens tussen Namibië en Kaapland) is vir die voornemende volkstaters in die Noord-Kaap van groot belang. Dit is hierdie stukkie kuslyn wat vir Afrikaners (en Boere) en Nederlanders (en Vlaminge) van groot belang in die toekoms gaan wees!
    Daar is geen groot dorp of stad langs hierdie kus nie, en dorpe en gehuggies is klein en soms onbeduidend, maar dit is die enigste kusgebied wat ons (die Afrikanervolk) met ons stamgenote in Europa verbind.
    Verder op noord is die Duitse dorp Lüderitz, wat eweneens klein en onderontwikkel is, maar wat weer hoop vir Afrikaans- en Duitssprekende Namibiërs gee. Die hawe van Lüderitzbucht is beter ontwikkel, en is ook dieper as die hawens aan die Noordwes-Kaaplandse kus.
    Vriende van die Afrikanervolk in Vlaanderen en Nederland word versoek om ons te help met die soeke na ‘n ideale plek aan die kus vir die aanlê van ‘n diepseehawe wat die Afrikanervolk met hul stamgenote in Europa sal kan verbind.
    Kaapstad en Saldanha het reeds sulke hawens, maar indien die owerhede in Kaapstad toegang tot hul geriewe sou weier, moet daar ‘n alternatief elders aan die weskus wees. Kaapstad beskik ook oor ‘n internasionale lughawe, maar weens die toenemende gevaar van geweldsmisdaad (Kaapstad het Johannesburg nou verby gegaan as “moord-hoofstad” van die wêreld) in Kaapstad, is ‘n alternatiewe lughawe ook nou dringend nodig.
    Ons vra dus die kundige hulp en advies van ons neefs en niggies in Wes-Europa om vir ons te help met die daarstelling van ‘n LUGHAWE, DIEPSEEHAWE en TREINVERVOERSTELSEL in die gebied wat ons eendag as ons eie AFRIKANER REPUBLIEK wil verklaar.
    Daar is reeds lughawens by Upington en Alexanderbaai, maar dit val in die gebied wat waarskynlik eendag aan die bruinmense (die Xhoi-Xhoi en die Xhoi-San) gaan behoort.
    Ons gebied aan die kus lê tussen ALEXANDERBAAI en SALDANHABAAI. Die plekkies wat moontlik as diepseehawens ontwikkel kan word, is: Port Nolloth; Kleinsee; Hondeklipbaai; Groenriviersmond; Olifantsriviermond; Doringbaai; Lambertsbaai; en Elandsbaai.
    En die plekkies waar lughawens moontlik ontwikkel kan word, is: Lambertsbaai; Doringbaai; Kleinsee; Port Nolloth; en Hondeklipbaai aan die kus, en Calvinia; Williston; Carnarvon; Britstown; en Hopetown in die binneland.
    ‘n Treinstelsel kan ook ontwikkel word. Daar is reeds ‘n treinspoor tussen Upington en De Aar, maar dit is die outydse smalspoor, wat stadig besig is om in onbruik te raak. ‘n Nuwerwetse spoor, soos wat in Wes-Europa gebruik word, sal nodig wees. Dorpe wat met ‘n treinspoor verbind sal moet word, is: Vanderkloof; Orania; Hopetown; Prieska; Britstown en De Aar. En dan weer Britstown; Vosburg; Carnarvon; Williston; Calvinia; en Nieuwoudtville.
    Wes van Nieuwoudtville is hoë berge, waarlangs ‘n treinspoor nie goedkoop opgerig sal kan word nie. Maar, aan die kusgebied kan spoorlyne gelê word tussen: Kamieskroon; Garies; Bitterfontein; Nuwerus; Vanrhynsdorp; Vredendal; Lutzville; Koekenaap; Strandfontein; Doringbaai; Lambertsbaai; en Elandsbaai.
    * Bo-staande projekte sal veel GELD en veel TYD kos, maar “Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!” Om Europa en die Afrikaner Republiek met mekaar te verbind, sal dit nodig wees!

Reacties zijn gesloten.