Ons vir jou: wat heeft het ANC zoals verwezenlijkt?

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

ANC se PRESTASIES

‘n Bekende Johannesburgse Afrikaanse dagblad het onlangs ‘n vraag aan sy lesers gerig wat nogal wye reaksie uitgelok het.

Die vraag lui: In April 2014 sal Suid-Afrika se demokrasie 20 jaar oud wees.  Die regering wil projekte loods om die land se prestasies die afgelope twee dekades te vier.  Watter een van onderstaande prestasies sal jy uitsonder?

1.    Die eerste demokratiese verkiesing in 1994.
2.    Nelson Mandela se “Free, Freedom at last”-inhuldigingstoespraak.
3.    Die opstel en aanvaarding van Suid-Afrika se nuwe Grondwet.
4.    Die Springbokke (nasionale rugbyspan) se triomf in 1995 se Wêreldbeker-rugbytoernooi.
5.    Bafana-Bafana (nasionale voetbalspan) se verowering van die Afrikabeker in 1996.
6.    Die wyse waarop Suid-Afrika 2010 se Wêreldbeker-voetbaltoernooi aangebied het.
7.    Die opgang in Suid-Afrika se rolprentbedryf, en die Oscartoekennings aan verskeie Suid-Afrikaanse filmsterre.
8.    Die toekenning van die Nobelprys vir Vrede aan Nelson Mandela, F W de Klerk en  Desmond Tutu.
9.    Die prestasies van Suid-Afrika se gholfspelers, soos Gary Player, Ernie Els en Retief Goosen.
10.    Marc Shuttleworth, die eerste Afrikaan om ‘n ruimtereis te onderneem.

Dit was ‘n verrassing toe hierdie Johannesburgse dagblad sy lesers om kommentaar genader het, want die koerant was erg in die verleentheid toe hy ‘n vorige survey verloor het.

Lesers moes JA of NEE stem vir ‘n Afrikaner-volkstaat.  Sowat 70% van die lesers het JA vir ‘n onafhanklike gebied vir lede van die Afrikaner-Boerevolk gestem.  Die koerant het daarna GEEN kommentare op die internet meer toegelaat nie, want die stortvloed van kritiek op die koerant se linkse propaganda, was oorweldigend.

Ook die ander Afrikaanse koerante in Suid-Afrika, wat tradisioneel die ou Nasionale Party ondersteun het, en wat veronderstel is om die breë Afrikaner-bevolking te steun, het hul rug op Afrikaner-volksnasionalisme gedraai, en ondersteuners van die DA (Demokratiese Alliansie) geword.

Die DA het voorheen slegs uit Engelse en Jode bestaan, maar het die afgelope 20 jaar veel Afrikaner-stemme gewen.  Daar word geglo dat die meeste Afrikaners wat vir die DA gestem het, dit om strategiese redes gedoen het, want anders sou die Wes-Kaap, wat tans deur die DA regeer word, in die hande van die ANC geval het.

Bo-staande lys van “prestasies” is deur die koerant in Johannesburg self opgestel, maar dit sou interessant wees om te weet wat die ANC se lys oor hulself sal wees.

Die “val” van apartheid sal waarskynlik bo-aan die ANC se lys wees.  Die ANC vertel ook graag aan sy ondersteuners, en aan die wêreld, dat hulle die blankes militêr verslaan het.  Dit is ver van die waarheid, want die ou Nasionale Party-regering is deur internasionale magte (NWO) gedwing om die grensoorlog te stop.  Linkse politici, en nie militariste nie, was vir die beeindiging van die oorlog verantwoordelik.

‘n Paar regse Afrikaners het, na aanleiding van bo-genoemde prestasies, ‘n lys van ANC-prestasies opgestel.

1.    In die afgelope 19 jaar het werkloosheid van 5% tot 60% gestyg.
2.    Suid-Afrika het pas die verkragtingkampioen van die wereld geword.
3.    Suid-Afrika se Departement van Onderwys is tans 140ste uit 144 lande.
4.    Suid-Afrika is die wereldkampioen wat kapings (hijackings) betref.
5.    Suid-Afrika was 10 jaar gelede die kampioen wat moorde betref, maar het ongelukkig teruggesak na die 5de plek.
6.    Die Rand/Dollar-koers het die afgelope 19 jaar van R3,41 tot R10,00 gestyg.
7.    Petrol het van R1,73 na R12,83 per liter gestyg.
8.    Suid-Afrika se Weermag (defensie) was in 1990 die “Ystervuis van Afrika” genoem, maar deesdae kan dit nie eers Disneyland teen ‘n inval van kinderspeelgoed beskerm nie.  Die meeste soldate is HIV+, en is aan alkohol en drugs verslaaf.
9.    Op ‘n lys van die wereld se korrupste regerings, het die ANC die top (1ste) posisie behaal.
10.    Na 19 jaar in die regering, spog die ANC met 10 keer méér mense in plakkerskampe (sloppenwijke).
11.    Na 19 jaar het onwettige (illegale) immigrante met 1 000% toegeneem.
12.    In plaas daarvan dat dit verbeter het, het die land se paaie (wegen), spoorwegen, weermag, polisie, munisipale dienste, ouetehuise, hospitale, en weeshuise (kinderopvang), totaal in duie gestort.  Dit wat nie reeds gesluit is nie, sal eersdaags hul deure vir die publiek sluit.
13.    GEEN ander land ter wereld het soveel veroordeelde misdadigers in die parlement as Suid-Afrika nie!
14.    Sowat 25% van alle skoolgaande meisies is HIV+.
15.    Sowat 100 000 aborsies op skoolgaande meisies is in 2012 uitgevoer (dit sluit slegs die sogenaamde wettige aborsies in).
16.    500 polisie-beamptes is tans verhoorafwagtend, en sit in die gevangenis.

Die lys is natuurlik geensins volledig nie, en verteenwoordig slegs die top van die ysberg.

Peter Murray