Ons vir jou: één na één wordt de blanke bevolking van Zuid-Afrika vermoord

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Wanneer is genoeg, genoeg?

Volgens politiek-korrektes van die wereld het “vrede op aarde” vir Suid-Afrika in 1994 aangebreek toe Saint Mandela die leier van die land geword het.  Maar, is dit waar dat daar nou vrede, voorspoed en geluk in Suid-Afrika heers?

Ten spyte daarvan dat die SA Polisie blykbaar opdrag gekry het om GEEN misdaad-statistiek by te hou nie, en om soms sekere syfers te manupileer, het privaatpersone en Afrikaner-organisasies daarin geslaag om syfers oor plaasmoorde en ander moorde op blankes te monitor.

Sedert 1994 is daar ongeveer 250 000 mense van alle rasse in Suid-Afrika vermoor.  Omdat die polisie se syfers gewoonlik onbetroubaar is, sal niemand weet wat die werklike moordsyfers is nie, maar dit is redelik seker dat die getal blankes wat vermoor is, meer as 70 000 is.

Volgens die jongste sensusopname woon daar 58-miljoen mense in Suid-Afrika.  Dit sluit onwettige (illegale) immigrante uit.  Van daardie 58-miljoen is 4,5-miljoen blank, en 3-miljoen is Afrikaners.

Die afgelope 2 maande is 60 blankes op plase vermoor, wat beteken dat gemiddeld een blanke per dag deur swartes vermoor word.  Hierdie syfers verteenwoordig min of meer die gemiddeld per jaar.
As daar, volgens die sensus, 58-miljoen wettige inwoners, en 6-miljoen illegale inwoners in die land is, is die totale getal mense 64-miljoen.  Daarvan is 4,5-miljoen blank, 4,5-miljoen bruin, en 2-miljoen Indiërs en Chinese.  Dus moet die swartes 53-miljoen wees.

Oor die afgelope 20 jaar is 70 000 blankes deur swartes vermoor.  Dit gee ‘n gemiddeld van 10 blankes per dag, maar die politiek-korrekte wereld verroer geen vinger en geen ooglid om iets aan die saak te doen nie.

Indien daar die 4,5-miljoen blankes in verhouding dieselfde hoeveelheid swartes sou moes vermoor, sou dit beteken het dat 815 000 swartes deur blankes vermoor moes word.  Dit sou die wereld in opstand laat kom het.  Die politiek-korrekte Verenigde Nasies sou opdrag gegee het dat die Afrikanersvolk meteen uitgeroei moet word.

Peter Murray