Ons vir jou: “Front Nasionaal” – waarom een nieuwe partij nodig is

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Ons vir jou

Voor ons Vlamingen, een herkenbare situatie.  Zet drie Vlamingen bijeen, twee willen een eigen partij stichten en de derde kiest voor een partij waarbij zijn eigen belangen gediend worden.  De reden waarom we het in al die jaren niet verder geschopt hebben.  Ook de naam van de nieuwe Z-A partij is herkenbaar.  Zelfbeschikkingsrecht voor de blanken in Zuid-Afrika.  Met de cultuurstrijd, die wij al geleverd hebben en die telkens opnieuw voor nieuwe uitdagingen staat.  Met als doel een onafhankelijke staat, waarvoor we nu nog altijd op de barricaden staan.  Niet vanzelfsprekend.  Ook niet in Zuid-Afrika.  Of moeten we zeggen “vooral niet in Zuid-Afrika”?

Front Nasionaal: waarom ‘n nuwe party nodig is

Afrikaners (en Boere) is bekend daarvoor dat hulle nie kan saamstaan nie.  Elke tiende Afrikaner wil graag sy eie party stig, en elke 2de Afrikaner wil sy eie kerk stig.  Dit was so van die vroegste tye af.  Tydens die Groot Trek, wat in 1834 in Kaapstad begin het, wou slegs ‘n klein groepie “volksgenote” aan die trek deelneem.  Miskien is dit omdat die blanke immigrante in die Kaap uit ‘n té groot verskeidenheid bestaan het.

Benewens die immigrante uit Nederland, wat self maar uit ‘n klomp hardekop-dwarstrekkers bestaan het, was daar die Duitse invloed.  Mense wat aan militêre presiesie geglo het.  Dan was daar die Franse Hugenote, wat vir hul geloof uit hul geboorteland moes vlug.  Hierdie 3 stamvolke was almal gedissiplineerde mense wat nie slapheid verdra het nie, maar elkeen op sy eie gebied.

Dan was daar kleiner – splintergroepe – uit Skotland, Skandinawië, Oostenryk, Switserland, Portugal, en ander lande, wat elkeen hul stempels op die “volk in wording” afgedruk het.  Gedurende elke nuwe fase in die geskiedenis van die volk, sedert 1652, was daar gebeurtenisse wat die diep onderliggende verskille onderstreep het.

Soms was daardie verskille, wat dikwels noodlottige gevolge gehad het, tot die volk se beswil, maar soms was dit katastrofies.  Die Groot Trek, wat uit ‘n klein handvol volksgenote (Voortrekkers) bestaan het, het ook sy probleme opgelewer, toe daar té veel leiers was, en elkeen sy eie voorwaardes gestel het.  Sommiges het God eerste gestel; ander het “logika” eerste gestel; en ander was meer ekonomies ingestel, of het veiligheid eerste gestel.

So was dit dwarsdeur die volk se geskiedenis.  Selfs oor kleinlikhede soos die naam van die volk, is daar, en word daar steeds, gestry.  Is ons “Boere”, of “boere”, of Afrikaners”, of “Cape Dutch”, of “Afrikaner-Boere”, of “Boere-Afrikaners”, of iets anders?  Daar is ‘n spreekwoord wat lui:”Rome brand, maar Nero speel viool!”  Terwyl volksgenote oor onbenullighede stry, sterf daar daagliks van ons mense aan die hand van swart barbare.

Terwyl sekere volksgenote hulle by die linkse (anti-Afrikaner) Demokratiese Alliansie skaar, is daar verdeeldheid onder die oorblywende handvol.  Die VF+ (Vryheidsfront Plus) was die afgelope 20 jaar die enigste regse party in die parlement wat vir die Afrikaner en vir die Afrikaanstaliges in die land geveg het.  Maar, die vordering wat die party gemaak het, en die suksesse wat hy behaal het, was vir baie volksgenote onvoldoende.

Die HNP (Herstigte Nasionale Party), wat tans die oudste party vir volksgenote in die land is, moedig volksgenote aan om NIE te gaan stem nie, “omdat dit ‘n teken sal wees dat die volk die onwettige, barbaarse, Marxistiese regime sal erken.”  Die jongste Afrikaner/Boere-party, wat eers onlangs gestig is – die FN (Front Nasionaal) – beloof om alles te doen wat die volk vra.


Hier onder volg die persverklaring van mnr Hannes Engelbrecht, nuutverkose leier van Front Nasionaal:    

“Ek is nie die leeu nie, maar die lot het op my geval om die leeu se brul te gee”.

Hannes Engelbrecht* Na afloop van ‘n debat op Facebook gisteraand, het mnr. Hannes Engelbrecht, leier van Front Nasionaal, die volgende verklaring uitgereik betreffende argumente wat tydens die debat gebruik is.

1. Eenheid
Volkseenheid” en “saamstaan” is tot ‘n groot mate ‘n mite. Met die Groot Trek was daar talle trekleiers soos Tirchardt, Landman, Maritz ens. Plus sewe verskillende kerkgenootskappe. Teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het tot soveel as 20% van die “Boere” as National Scouts en Hensoppers vir die Britse magte gewerk.
Selfs met Republiekwording het Verwoerd skaars meer as 50% steun gehad. Die naaste wat ons nog ooit aan “eenheid” was, was in 1977 toe Vorster meer as 70% van die stemme getrek het.
Ons is ‘n individualistiese volk (vanuit ons Franse erfenis) en pleks dat ons dit as ‘n swakheid moet beskou, moet ons dit eerder as ‘n sterkpunt beskou, want dit het nog altyd debat gestimuleer. Ons spits ons toe op daardie enersdenkendes wat dieselfde kultuur en Westerse lewensbeskouing het.
2. Vryheidsfront
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus
Dr. Pieter Mulder van die VF Plus, in koalisie met die ANC, ‘n multikulturele party.
Elke politieke handboek en elke woordeboek in die hele wye wêreld sal dieselfde definisie gee as ‘n persoon van een party in ‘n ander party se regering dien: dis ‘n “koalisie”, “alliansie” of “pakt”. Jy kan die adjunkministerskap van dr Mulder versiersuiker soos jy wil en dosyne redes daarvoor aanvoer – dit bly ‘n feit. Dis ‘n koalisie met ‘n multikulturele party. Presies dieselfde met die “koalisie” wat nou voor die verkiesing met die oorwegend swart en multikulturele partye soos Cope aangekondig is. Hoe kan jy praat van selfbeskikking en terselfdertyd ‘n multikulturele koalisie goedpraat? Ons het geen probleem met die VF+ se geskrewe beleid of sy lede nie. Ons het wel ‘n enorme probleem met die siening van die leierskap.
3. Deelname
Front Nasionaal neem deel aan die verkiesing, nie om deel van ‘n multikulturele staat te word nie, maar om ten minste ons saak vir selfbeskikking op die internasionale toneel te plaas. Enigeen wat dink jy gaan iets regkry sonder internasionale steun en sonder instemming van die Verenigde Nasies is bietjie naïef. Die VN en wêreldregerings steur hulle eenvoudig nie aan kleiner groepies nie, maak nie saak hoe sterk jou saak is of hoe goed jou argumente is nie. Ons sal móét steun bewys vir selfbeskikking en die verkiesing as “referendum” is ‘n goeie begin. Vir iets om aan die VN voorgelê te word moet ‘n lidland van die VN die saak vir jou verder voer. Ons het reeds gesien hoe die Nederlandse en Vlaamse parlementslede van die Europese Parlement ons saak stel in 2012 en 2013. As die Franse Front Nasionaal en die Griekse Golden Dawn se parlementslede ons ook begin steun, word die saak al sterker. Ongelukkig is selfbeskikking ‘n “politieke saak” en Europese “politici” moet ons ondersteun; en politici verstaan net één ding: stemme vir ‘n saak tydens ‘n verkiesing.
4. Nog ‘n party
Sedert 1910 was daar nog altyd vier of vyf “wit” partye en dit het voortgeduur tot 1994. Sedertdien het ons baie buite-parlementêre partye en een parlementêre party – die Vryheidsfront. Ongelukkig is dit so dat jy nie uit blinde lojaliteit vir ‘n party moet stem nie. As die VF+ nie in 20 jaar uiting gegee het aan dít wat ons verwag nie, is dit tyd vir ‘n nuwe party. Nes die Mulders, Groenewalds en Boshoffs die reg het om ‘n politieke party te bedryf; net so het enigiemand anders ook die reg om ‘n politieke party te bedryf. Ons standpunt is dat as 10% van die bevolking wit is, daar darem seker 5% parlementariers moet wees wat na ons belange omsien? Wie gaan vir ons baklei teen regstellende aksie, kwotas, diskriminasie, swart ekonomiese bemagtiging?
5. Geldsake
Die DA gaan sowat R174m aan die verkiesing bestee. Dis aanvaarde praktyk (mens argumenteer nie eers daaroor nie) dat partye geld insamel vir hulle stryd. Selfs kleiner organisasies soos Boervroueliga, FAK, AWB samel geld in om hulle doelstellings na te streef. Front Nasionaal het die reg om verkiesingsgeld in te samel – ons het die reg om dit te bestee om ons beleid te bevorder. Dit het deur die eeue so gewerk en dit werk nog steeds so.
6. Persoonlikhede
FRONT NASIONAAL is nie rondom persoonlikhede gebou nie, want persoonlikhede het op die ou einde voete van klei. Ons dagbestuurslede is nie van dieselfde dorp/stad of selfs dieselfde provinsie nie. Ons is wyd versprei onder mense wat net dieselfde doel nastreef van oral in die land. Ons het ook die mees demokratiese Reglement van Orde van enige SA politieke party met ‘n stelsel van terugroeping/”recall” soos in die Voortrekker- en Boererepublieke gegeld het en wat nou nog in Swede en Switserland van krag is. Terugroeping beteken dat enige kongres van FN te eniger tyd met ‘n gewone meerderheidstem ontslae kan raak van enige verkose ampsdraer wat nie sy of haar werk doen nie. Daarby moet die dagbestuur elke drie jaar weer verkies word. FN wil nie mense in posisies plaas waar hulle vir twintig jaar sit en niks doen en jy kan nie ontslae raak van hulle nie.
Ook ons aanwysing van kandidate is die modernste in die hele SA. Sewe dagbestuurslede oorweeg lyste as individue, waarna die sewe lyste gekonsolideer word. Daarmee keer ons dat families en vriende bevoordeel word. (Kyk gerus na die omstrede kandidatelys van die DA wat eintlik maar deur Zille opgestel is met haar voormalige woordvoerder en sekretaris wat hoog op die lys is). Van die Vryheidsfront se nepotisme gaan ek nie eers praat nie.
7. Sosiale media
Die sosiale media is hoog op ons prioriteitslys. Ons almal weet van Naspers se rol in 1994 se oorgawe en die rol wat hulle steeds speel. Vir die eerste keer in die laaste vyftig jaar bereik ons deur Facebook en Twitter meer mense as wat Naspers se Afrikaanse koerante bereik. Ons moet daarvan gebruikmaak. Beeld, Volksblad en Burger kan ons ignoreer soos hulle wil – ons boodskap gaan na honderde duisende mense toe. Natuurlik gaan almal wat jou boodskap kry nie vir jou stem nie, maar ten minste gaan hulle weet van jou; iets wat nie in die verlede die geval was nie.
8. ‘n Wiskundige model
‘n Wiskundige model wat deur nagraadse studente van die PUK gebruik is, het gewys dat ons kan reken op omtrent 500.000 stemme. Ons nismark was daardie 800.000 mense wat “nee” gestem het tydens die 94-verkiesing. ‘n Meevaller is derduisende wat skielik moeg geraak het vir die DA en ook mense wat ontnugter is deur ander partye. Ons besef ons tyd is kort om verkiesing te veg en mense te oortuig. Ons het daarom nie ‘n idée hoeveel stemme ‘n mens regtig kan verwag nie. Ons sal enigiets bokant 50.000 as ‘n bonus beskou. Maar my hart is op ‘n halfmiljoen stemme en tien volksverteenwoordigers wat uit ons belastinggeld betaal word eerder as tien “multikulturele parlementariërs” van ander partye.
9. Selfbeskikking
Selfbeskikking gebeur nie oornag nie. Dit sal waarskynlik nie in my, dr Dan Roodt of Gordon Fox se leeftyd gebeur nie. Dis ‘n lang proses wat stapsgewys gevolg moet word. Eerste prioriteite is om beheer oor jou eie onderwys, kultuur en volkslewe te verkry. Om ‘n grondgebied te bepaal, was die werk van die Volkstaatraad – dit het ongelukkig nie gerealiseer nie. Ons sal moet om ‘n ronde tafel kyk na ons demografiese, stempatrone en geskiedkundige aansprake. Orania, Boererepublieke, Noord-Kaap, Ohrigstad, Oase; almal; sal moet insette lewer. Ons gaan beslis nie op ‘n klein plekkie sit en krepeer nie – daarvoor het ons voorouers te veel in hierdie land belê. Dit moet lewensvatbaar wees.
10. Boer vs Afrikaner
Ons stel nie belang in so ‘n debat nie. Dit is reeds in 1992/93 afgehandel en was een van die groot redes waarom die “Nee”-stem verloor het en ons in vandag se chaos beland het. Afrikaander is reeds in die 1700s gebruik. De la Rey se sekretaris het gepraat van Afrikaners. Ons was al Vryburgers, Voortrekkers, Boere, Afrikaners, Bittereinders… Boer is ‘n kulturele begrip en Afrikaner ‘n geskiedkundige begrip. Dis snaaks dat diegene wat nou die term “Boer” vir hulleself wil opeis en al die ander tot die hel wil verdoem, géén beswaar gehad het om tydens die Grensoorlog in die loopgraaf saam met die Kaapse Afrikaner, die Porra of die Soutie te lê nie! Hulle haal ook nie graag aan dat daar tydens die Vryheidsoorlog ‘n Ierse, Russiese, Buitelander- en Nederlandse kommando was wat saam met die Boere geveg het nie en dat tientalle Kaapse Rebelle deur die Britte tereggestel is nie.”

Peter Murray

Meer hierover bij Front Nasionaal

en bij Praag.co.

4 gedachten over “Ons vir jou: “Front Nasionaal” – waarom een nieuwe partij nodig is

  1. Ik wens je veel succes toe, maar het blanke ras is laf en ik denk dat je veel messtekens in uw rug zult krijgen

  2. “Afrikaners (en Boere) is bekend daarvoor dat hulle nie kan saamstaan nie. Elke tiende Afrikaner wil graag sy eie party stig, en elke 2de Afrikaner wil sy eie kerk stig.”

    Peter, ek dink jy het iets vergeet: elke vierde (politiek aktiewe) Afrikaner wil ‘n leier wees en noem homself kapitein, majoor of kolonel…

    En dan praat ons nie ook nog oor die godsdiens nie. As Afrikaners saam gesels, dit mag wees oor rugby, oor politiek, oor boeremusiek, oor die koop van ‘n bakkie of wat ook al, dan ontaard daardie geselsie nà ‘n rukkie in ‘n haarklowery en bakleiery oor … godsdiens! Ek sou sê, met ‘n bietjie oordrywing: wie die meeste bybelverse kan siteer, hy is die wenner…

    Ag, die wens dat Afrikaners (en Boere) ooit sal kan saamstaan sal maar vir altyd ‘n illusie bly … nes dit vir Vlaminge ook maar ‘n illusie sal wees…

  3. Die VF Plus is NIE in koalisie met ANC nie. VF Plus glo aan vryheid en geregtigheid vir die Afrikaner en ander minderhede wat daarna streef. Wie staan op vir Afrikaners en Afrikaans? VF Plus. Wie beveg e-tol stelsel met hand en tand? VF Plus. Wie staan op vir Transnet pensioenarisse? VF Plus. Die VF Plus is besig om te groei en sterker te word. Vir wie moet gestem word in verkiesing? Natuurlik VF Plus! n Stem vir VF Plus is n stem vir n beter toekoms. Saam is ons sterker!

    • Inderdaad, daarom proberen we ook vanuit Vlaanderen jullie te steunen door de problemen zoveel mogelijk aan de kaak te stellen en te verspreiden. Opdat het westen wakker geschud wordt. Ons vir jou.

Reacties zijn gesloten.