Ons vir jou: Afrikaners of Boere?

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Afrikaners of Boere?

Elke land en elke volk het maar sy persoonlike probleme.  Net soos wat die Belge, Wallone en Vlaminge stry oor hul “regte” naam, so is daar mense in Suid-Afrika wat stry oor hul naam.

Aangesien die eerste vrye burgers in die land hoofsaaklik agrariërs was, is daar na hulle as “boere” verwys.  Maar, in dieselfde tydperk (die 17de eeu) het ‘n sekere groep blankes ook die naam van Afrikaners gekry.
Onderdane van die destydse VOC (Vereenigd Oost-Indische Compagne) in Kaap de Goede Hoop het maar swaar geleef onder hul streng base.  Daar was van die eerste dag af onenigheid en ontevredenheid oor die “onregverdige” behandeling van die VOC.

Nadat ‘n onderdaan se kontrak met die VOC voltooi is, is die vrygestelde onderdane en amptenare “Vryburgers” genoem.  Die Vryburgers het dan gewoonlik aansoek om grond gedoen, en gaan boer.

Die geledere van die Nederlandse boeregemeenskap is mettertyd met ander Europese immigrante – soos Franse Hugenote, Duitse soldate en Skandinawiërs – aangevul.  Die boere se beroep “boer” het gou ook die boere se naam geword, sodat die woord later met ‘n hoofletter (Boer) geskryf is.

‘n Inwoner van Stellenbosch, ene Hendrik Bibaut, het een aand ‘n fees saam met vriende gehou.  Hulle was dronk en luidrugtig, en die polisie het hulle in hegtenis geneem.  Hendrik was opstandig en het daarop aangedring dat hy vrygelaat word.
Omdat hy die polisie se streng houding met dié van die destydse VOC-amptenare vergelyk het, het hy geskree:”Ik ben een Africaander!”  Hy wou daarmee te kenne gee dat hy nie meer onder die gesag van die owerhede is nie, en ‘n “vry man” is.

Die voorval het vinnig onder die gemeenskappe van Stellenbosch en Kaapstad versprei, en van die inwoners wat simpatie met Hendrik gehad het, het begin om hulself ook “Africaanders” te noem.  Hulle wou daarmee hul onderdanigheid aan die VOC en aan Nederland afskud, en terselfdertyd hul “nuwe” identiteit – bewoners van Afrika – bekendmaak.

So het die twee benamings van presies dieselfde volk dan tot stand gekom.  Volgens die bekende Afrikaanse historikus – prof. Hermann Giliomee van die Universiteit van Stellenbosch – was dié twee terme dwarsdeur die geskiedenis (tot vandag toe) as sinonieme vir presies dieselfde mense gebruik.

Met die koms van die Britte na Suid-Afrika in 1820 is die hele atmosfeer in die Kaap verander en vertroebel.  Die Afrikanervolk was toe alreeds “gebore”, en ‘n samehorigheidsgevoel was besig om te ontwikkel.
Die Britte het hul eie idees gehad, en die nuwe wette aan die Kaap was vir die meeste Afrikaners onaanvaarbaar.  So, byvoorbeeld, is alle slawe vrygestel sonder dat die Afrikaners geraadpleeg is.
Afrikaners was nie in beginsel teen die vrystelling van die slawe nie, maar geen vergoeding is deur die Britte aan boere en ander Afrikaners betaal nie.  Daar was ‘n reuse tekort aan plaaswerkers, en die meeste boere het alreeds groot bedrywe op hul plase (boerderij) gehad, wat arbeidsintensief was.
Daar was ‘n atmosfeer van onrustigheid en ontevredenheid in die Kaap (die hele gebied wat destyds as “Kaap de Goede Hoop” bekendgestaan het.  Boere en Afrikaners het toe besluit om die Kaap te verlaat en “die onbekende binneland” in te trek.

Hierdie mense, wat aanvanklik Vryburgers genoem is, se naam het toe na Voortrekkers verander.  Die eerste trekkers het die Kaap in 1834 verlaat, maar die klein groepie het mettertyd tot ‘n paar honderd aangegroei.
Kapkolonie 1795.jpgIn 1836 is die trek in alle erns aangepak.  Gedurende hierdie tydperk is die eerste republiek op Swellendam (sowat 200km oos van Kaapstad) gestig.  Die Republiek van Swellendam was egter van korte duur, en is deur die Britse goewerneur in Kaapstad nietig verklaar.

Later is die 2de republiek op Graaff-Reiniet (680km oos van Kaapstad) gestig, maar ook hierdie republiek is deur die Britte onderdruk.  Teen hierdie tyd was die begeerte om van die “haatlike” Britte weg te kom, al groot, en meer individuele gesinne het hulle by die geledere van die Voortrekkers aangesluit.

Die Voortrekkers het die gebied, wat vandag as KwaZoeloe-Natal bekendstaan, bereik.  Dit was ‘n groen, waterryke land met vollop weiding vir die Voortrekkers se diere, maar die Zoeloes was ‘n oorlogsugtige nasie wat alle vreemdelinge met die grootste agterdog bejeen het.

Die Voortrekkers het sowat 400 mense by hulle gehad, wat ook ‘n paar Kaapse Kleurlinge ingesluit het.  Berig is ontvang dat die Zoeloes beplan om hierdie groepie Voortrekkers (wat deur die Zoeloes “towenaars” genoem is) in ‘n hinderlaag te lei en dan uit te moor.

Daar was 10 000 Zoeloe-Impi’s (soldate).  Die Voortrekkers het hul ossewaens in ‘n sirkel langs Bloedrivier geparkeer.  Daar was ook ‘n droë spruit wat ‘n reghoek met Bloedrivier gevorm het.  In daardie hoekie het die Voortrekkers hul laer getrek.
Die vorige aand (15 Desember 1838) het die geestelike leier – Sarel Cilliers – die mense vir “huisgodsdiens” bymekaar geroep en gevra dat almal eendragtig moet wees in die gebed.
Sarel Cilliers het tot God gebid en gesê dat, indien God die vyand in hul hande sou gee en aan hulle die oorwinning sou gee, die Voortrekkers ‘n Gelofte aan Hom wil doen.
Sodra die volk vry is en hul eie republiek gestig het, sal hulle ‘n kerk bou, tot eer van God.  Hulle sal ook elke jaar op 16 Desember dié dag soos ‘n Sabbat vier, en die boodskap sal van geslag tot geslag oorgedra word.

Vroeg die volgende dag – dit was ‘n Sondag – het die Zoeloes aangeval.  Die Voortrekkers het outydse “voorlaaier”-gewere gehad, wat oneindig lank geneem het om te herlaai.  Maar, met die hulp van vrouens en kinders, wat die laaiwerk gedoen het, het die mans daarin geslaag om 1 000 Zoeloes te dood.

Geen Voortrekker het gesneuwel nie.  Daar was slegs ‘n paar gevalle waar Voortrekkers gewond is.  ‘n Jong dame, ene Johanna van der Merwe, het 17 assegaai-wonde (Zoeloe-spiesse) in haar liggaam gehad.
Vir die meeste Afrikaners is 16 Desember die heiligste dag in die lewe van die Afrikaner/Boerevolk.  Alhoewel die ANC-regering dié dag as openbare vakansiedag afgeskaf het, en dit as rassisties beskryf, vier vele Afrikaners en Boere dit steeds.

Teenswoordige “Boere” en “Afrikaners” stry tot vandag toe oor wie en wat ‘n Boer is, en wie en wat ‘n Afrikaner is.  Transvalers beweer dat “slegs afstammelinge van die Bloedrivier-gelofte Boere genoem kan word.”
Hierdie “Boere” in Transvaal beweer dat Afrikaners verraaiers, Engelse simpatisante, en liberaliste (lees: sosialiste) is, wat ontrou aan hul volk is.  Afrikaners, daarteenoor, beweer dat hulle geen verraiers is nie, maar juis groot patriotte is.

Toe goud en diamante in Transvaal en die Vrystaat ontdek is, het dit tot oorlog tussen Brittanje en die 2 Boererepublieke gelei.  Die imperialistiese Engelse is internasionaal berug daarvoor dat hulle nie graag harde werk of swaar werk verrig nie, maar liewer die rykdomme van ander volke roof.  Die seerowery van destyds is maar een voorbeeld daarvan.

Die Afrikaners in Kaapland was nie direk by die 2 vryheidsoorloë tussen Brittanje en die Boererepublieke betrokke nie, maar vele sogenaamde “rebelle” in Kaapland het aan die kant van hul mede-Afrikaners (Boere) in die noorde geveg.

Transvalers wat beweer dat Afrikaners in die Kaap gebore is, en per definisie ook verraaiers is, vergeet die detail van hul eie geskiedenis.  Generaal J B M Hertzog; dr D F Malan; Advokaat J G Strijdom; mnr Jaap Marais; dr Andries Treurnicht; en mnr Eugene Terre’Blanche; word deur alle regses in Transvaal as van die volk se grootste helde in moderne tyd beskou, maar hulle is almal in Kaapland gebore!!!

Die Voortrekkerleiers Andries Pretorius, Hendrik Potgieter, en die beroemde Paul Kruger, was nie een in Transvaal gebore nie, maar het almal van Kaapland af gekom.  Ook generaal Manie Maritz, wat die Rebellie van 1915 gelei het, was ‘n Kapenaar.
Daarteenoor kan dievolgende genoem word: Aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog teen die Britte in 1902, was daar 22 000 Bittereinders; 24 000 “hensoppers”, “joiners”, “National Scouts; en ander verraaiers in die ZAR (Transvaal) en die Vrystaat.
Uit bo-genoemde kan gesien word dat die sogenaamde “Boere” van Transvaal in 2 gelyke kampe verdeel was.  Een deel (die Bittereinders) wat “tot die dood toe” wou veg om die juk van die vyand af te gooi, teenoor die ander deel wat alles in die stryd gewerp het om die Engelse ter wille te wees.

Wat die moderne politiek betref; die Gesuiwerde Nasionale Party (wat van 1934 tot 1940 die vaandel van volksnasionalisme onder aanvoering van generaal J B M Hertzog gedra het), was ‘n Kaaplandse party, terwyl die meerderheid Vrystaters en Transvalers die pro-Engelse Verenigde Party van generaal Jan Smuts ondersteun het.
Twee politieke leiers van die tweede helfde van die vorige eeu, die prokureur F W de Klerk, en mnr P W Botha, wat onderskeidelik in Transvaal en die Vrystaat gebore is, is die manne wat die weg voorberei het om die ANC aan die bewind te kry, en wat Nelson Mandela se vrylating bewerkstellig het.

Die negatiewe beeld wat Transvalers aan die adres van Kaaplanders probeer koppel, en die positiewe beeld wat hulle aan hulself wil gee, kan dus net mooi omgekeer word.
Dit is Afrikaners wat nou probeer om ‘n nuwe vaderland vir vryheidsoekende volksgenote in die Noord-Kaap te probeer skep, en mede-volksgenote aanmoedig om die noordelike provinsies – waar sowat 40-miljoen swartes woon – te verlaat.
Sowat 70 000 blankes is reeds sedert 1994, toe Nelson Mandela en sy ANC die regering oorgeneem het, vermoor.  Suid-Afrika is die wêreld se nommer een misdaadland, waar die meeste moorde, meeste verkragtings en meeste korrupsie gepleeg word.
Transvalers is van die mense wat die ergste teen “konsolidasie” is, en wil nie daardie gebiede, waar miljoene swartes reeds ingegrawe is, verlaat nie.  Transvalers is ook van die blankes wat oor die jare heen die meeste van swart arbeid gebruik gemaak het, terwyl Kaaplanders gemeganiseer het, of van Afrikaanssprekende Kleurlingarbeiders gebruik gemaak het.
Noudat dit uiters noodsaaklik geword het om van swart arbeiders ontslae te raak, en om nader aan mede-volksgenote te gaan woon, is dit juis Transvalers wat weier om te trek.  Hulle dink hulle kan tot in der ewigheid van goedkoop swart arbeid gebruik maak, terwyl blanke boere teen 2 per week deur swartes vermoor word.
Die vyandigheid tussen Transvalers (Boere) en Kaaplanders (Afrikaners) sal waarskynlik nog vir vele jare so voortwoed.  Dit terwyl ons eintlik almal bloedbroers is.

Peter Murray

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/30/South_Africa_2011_Black_African_population_proportion_map.svg/274px-South_Africa_2011_Black_African_population_proportion_map.svg.png http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/44/South_Africa_2011_White_population_proportion_map.svg/274px-South_Africa_2011_White_population_proportion_map.svg.pnghttp://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ab/South_Africa_2011_Coloured_population_proportion_map.svg/274px-South_Africa_2011_Coloured_population_proportion_map.svg.png

Links: zwarte bevolking, midden blanken, rechts gekleurde (Indische of Aziatische) oorsprong

2 gedachten over “Ons vir jou: Afrikaners of Boere?

  1. Mag ek asseblief die redaksie van Golgbrekers bedank vir die plasing van hierdie berig. Ek sê ook dankie vir die foto’s, sketse en kaarte. Ongelukkig is die kaart van die Aziatische groep weggelaat, maar dit speel geen belangrike rol. Daar is momenteel sowat 2-miljoen mense in Suid-Afrika van Oosterse komaf. Die meeste van hulle woon in Durban en Johannesburg.
    Maar, die 3 groepe ter sprake, en waarom die land se politiek draai (wit, swart, en bruin) word duidelik op meegaande 3 kaarte uitgebeeld.
    Swart tel nou 40-miljoen PLUS; Bruin tel 4,5-miljoen; en Wit tel ook 4,5-miljoen. Swart bestaan uit sowat 10 verskillende stamme, plus ‘n groot verskeidenheid – wettige en onwettige – immigrante uit ander dele van Afrika.
    Bruin bestaan uit Xhoi-Xhoi; Xhoi-San; Kleurlinge en ander bruin groepe. Die Kleurlinge is ‘n gemengde groep en is afstammelinge van Slawe; Europeërs; en Xhoi. Daar is dus lede van die Kleurling-groep wat byna 100% blank is, en daar is lede wat byna 100% swart is.
    Wit bestaan hoofsaaklik uit Europeërs. Daar is immigrante wat buite Suid-Afrika gebore is; daar is dié wat wel in die land gebore is, maar wat van die eerste geslag Suid-Afrikaners is, wie se ouers elders gebore is. Die grootste gros is natuurlik diegene wat reeds vele geslagte lank in Suid-Afrika woon, en wat afstammelinge van 3 of meer verskillende Europese en Britse voorouers is.
    Alhoewel daar nie meer amptelik tussen Engelssprekendes en Afrikaanssprekendes gediskrimineer word nie, beskou die twee groepe mekaar steeds as “opponente”, byna soos wat daar in België ‘n negatiewe gevoel tussen Franssprekendes en Nederlandssprekendes bestaan.
    Sommige blankes wil dat ons saam “een” vaderland moet deel, maar die meerderheid Afrikaanssprekende blankes sal waarskynlik verkies om niks met die Engelse te deel nie. Die haat teen die Engelse (asgevolg van die Engelse se oorlog teen die Boerevolk, en die feit dat die Engelse hulle meerderwaardig hou en op die Boere-Afrikaners neersien), is nog té groot om ‘n land met hulle te deel.
    Net soos wat die teenwoordigheid van Allochtone, Wallone, en ander “onassimileerbare” volke in Vlaanderen vir die gemiddelde Vlaming onaanvaarbaar is, so is dit ook die geval in Suid-Afrika. Afrikaners (of Boere) sal graag regsgesinde stamgenote uit Wes-Europa in ‘n Afrikanerrepubliek verwelkom, maar nie onassimileerbare vreemdelinge wat ons land, volk en kultuur wil vernietig nie.
    Ons volk is geweldig verswak (ons bestaan nou uit slegs 3-miljoen mense), dus sal die aanvulling deur immigrante uit die laaglande vir ons heel erg positief wees.

    • Daar is min mense wat hulself ‘Boere’ noem en wat ook liberaliste is maar daar is baie liberaliste wat hulself ‘Afrikaners’ of selfs ‘Afrikaanses’ noem…
      Mense wat beweer “Boere en Afrikaners is eintlik dieselfde volk” noem hulself meesal ‘Afrikaners’ , hulle hou eintlik nie van die benaming ‘Boer’ nie en hulle soek om ‘n kompromis te vind en praat dan van ‘Boere Afrikaners’…

      Die meeste Afrikaanssprekendes verstaan en praat (soms swak) Engels, hulle skakel ook baie vinnig oor na Engels as hulle uit hul vertroude omgewing (familie, vriende) is…
      Daar is baie Engelssprekendes wat nie Afrikaans praat nie (en ook nie wil leer nie), orals waar hulle kom moet ‘n mens maar Engels (kan) praat.
      Ek het voorbeelde gesien waar Engelssprekendes op Afrikaanse webwerwe die vertaling vra (en eis!) van tekste in Afrikaans…

Reacties zijn gesloten.