Ons vir jou: herkenbare situatie

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Ons vir jou: herkenbare situatie

Ook bij ons blijft de kudde stemmen voor partijen die Vlaanderen geen dienst bewijzen.   En in het verlengde daarvan: wie aan hen zijn stem geeft, is mede-verantwoordelijk.  Volksverraad noemt men dat.

Die Afrikaner-Boerevolk se eie mense is waarskynlik sy grootste vyand.  Ongelooflik baie Afrikaanssprekende blankes in Suid-Afrika ondersteun die DA (Demokratiese Alliansie), waarvan die beleid nie veel van dié van die ANC (African National Congress) verskil nie.  Die ANC is ‘n groot vyand van alles en almal wat maar net effens na die Boerevolk ruik.  Die DA haat die Afrikaners (Boerevolk) maar nét so.

Bykans die helfte van die DA se steun kom van Afrikaanssprekendes, maar ’n minderheid van dié party se kandidate wat dit tot in die parlement sal maak, se moedertaal is Afrikaans.

Na verneem word, is daar ontevredenheid en kommer omdat Afrikaanssprekendes “onderverteenwoordig” is op die DA se nasionale kandidatelyste, wat onlangs bekendgemaak is.

’n DA-LP (DA-parlementslid) het selfs aangevoer “hul houding is, die Afrikaanssprekende sál tog maar vir die DA stem, so what? Hulle respekteer nie die feit dat die helfte van die party se steun van Afrikaanssprekendes af kom nie.”

’n Ander ingeligte het bevestig dié is ’n “teer senuwee” binne die DA.   “Die Afrikaanssprekendes (blankes en bruines) wat in verkiesbare posisies is, is maar yl gesaai.  Ons streef uiteraard daarna (om te transformeer), maar die feit is die kiesers wat vir ons stem, word onderverteenwoordig en dit is ’n probleem.”

Luidens die jongste Ipsos-peiling is 50% van die DA se ondersteuners se moedertaal Afrikaans en praat 32% ­Engels; 50% is wit, 27% is bruin, 20% is swart en 3% is Indiërs.

Die DA mik om, ná die algemene verkiesing op 7 Mei, minstens 110 LP’s in die parlement te hê, maar ’n vinnige telling toon minder as 30 Afrikaanssprekendes – dit is bruin en wit kandidate – is hoog genoeg op die DA se nasionale lyste om dit tot in die parlement te maak.

Peter Murray

Meer hier