Om te koesteren

Afrikaans Wiegeliedje. Muziek van onze eigen Emiel Hullebroeck.

Lantietie , damtietie , doedoe my liefstetjie
Moederhartrowertjie , dierbaarste diefstertjie !
Luister hoe fluister die wind deur die boom pietjie
Heen en weer wieg hy hom al door die stroompietjie
Doedoedoe , bladertjies , slapenstijd nadertjies
Doe doe doe , blommetjies , nag is aan t’kommetjies
So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies

Bo in die bloue lug flikker die sterretjies
Hemelse brandw<aggies , lampies van verretjies
Wakend oor windjies en wolkies en stroompietjies
Wakend oor mensies en diertjies en boompietjies
Wees maar gerustetjies , slaap maar met lustetjies
So sing die sterretjies , stilletjies , verretjies
Vuurvliegies , lugliggies , ewige sterretjies

Onskuldig ogies en voetjies en handetjies
Wie weet hoe ver moet my kleintjie nog ganetjies
Ver deur die wereld se kronkels en gangetjies
Bly tog maar kleintjies en bly dit maar langetjies
Bly maar by moedertjie , kindlief se hoedertjie
Slaap in haar arrempies , saggies en warrempies
Doe kies dan , doe kies in moeder se arrempies

2 gedachten over “Om te koesteren

  1. Prachtig! De tekst is van C.J. Langenhoven.
    Emiel Hullebroeck schreef ook de muziek voor het studentenlied “Die studentejare gaan verby” op tekst van Dr. C.F. Visser. Dit lied is in onze studentenmiddens nog wel bekend maar helaas veel minder in Zuid-Afrika …

Reacties zijn gesloten.