5 gedachten over “PUB: Grote Zuid-Afrikadag

  1. Dankie vir die aankondiging. Ek hoop die besoekers kry al die regte inligting oor ons geliefde Suid-Afrika.
    Die datum 7 Mei sal vir ons ‘n barometer wees van wat in die volgende 5 tot 10 jaar gaan gebeur. Dit is net jammer dat alle regses nie aan die verkiesing gaan deelneem nie. ‘n Sekere gedeelte van ons volk beskou deelname aan hierdie verkiesing as “erkenning” van die Marxistiese regime. Indien die totale volk die verkiesing kon boikot, sou dit ‘n duidelike boodskap aan vriend en vyand gestuur het, maar siende dat slegs ‘n gedeelte van die regse blankes die verkiesing op 7 Mei gaan boikot, sal dit ‘n duidelike teken van verdeeldheid wees.
    Iewers in September (die presiese datum is nog nie bekend nie) kry onafhanklikgesinde volksgenote die geleentheid om aan die VVK (Volksraadverkiesingskommissie) se eie verkiesing deel te neem. Ongelukkig het die VVK nie die nodige geld en middele om die verkiesing behoorlik te adverteer en te propageer nie. Tydens die eerste verkiesing van 3 jaar gelede, het slegs 40 000 volksgenote vir die verkiesing van volksraadslede registreer, dus kon slegs 40 000 stem.
    Net soos in die tyd van “cordon sanitaire” in België, ervaar regse volksgenote in Suid-Afrika ook ‘n gesindheid van “algehele boikot” teen alles wat regs is, deur die media en ander instansies.
    Indien die Volksraadsverkiesing in September meer as 500 000 stemme sou kon lok, sal dit ‘n teken wees dat die volk – Afrikaners en Boere-Afrikaners – ‘n meerderheidstem vir die daarstelling van ‘n onafhanklike Afrikanerrepubliek gegee het.
    Die volk is tans in 4 groot gedeeltes verdeel. Tot onlangs nog was die meerderheid volksgenote ondersteuners van die Jodin – Helen Zille – se ultra linkse Demokratiese Alliansie (DA).
    Die tweede grootste groep volksgenote is diegene wat die politiek sedert 1990 totaal boikot, omdat politici in Suid-Afrika hulself as onbetroubaar bewys het. Nadat mnr F W de Klerk (die laaste wit president in Afrika) in die jare 1990 tot 1994, die volk belieg en bedrieg het, en ons land aan die swart barbaarse Marxiste oorhandig het, het vele volksgenote gesweer dat hulle nooit weer aan enige verkiesing sal deelneem nie. “Die politiek stink,” het hulle gesê.
    Dan is daar volksgenote wat nou weer verder verdeel word, deurdat hulle vir een van twee regse partye moet stem. Die VF+ (Vryheidsfront Plus) van Dr Pieter Mulder is reeds 20 jaar in die parlement. Dit is tans die enigste stem in die parlement wat vir Afrikanervryheid veg. Maar, vir ‘n gedeelte van die regses het die VF+ “té weinig, té stadig gedoen”. Hulle is ook ontevrede met Dr Mulder, wat die ANC se aanbod om Minister van Landbou en Seevissery te word, te aanvaar. “Dr Mulder,” sê die ontevredenes, “het hom daardeur as ‘n lojale ondersteuner van die ANC bewys!”
    Die uitdager om die regse meerderheid, Front Nasionaal van mnr Hannes Engelbrecht, gaan vanjaar vir die eerste keer aan ‘n nasionale verkiesing deelneem. Front Nasionaal is ook ‘n ondersteuner van Afrikanervryheid, maar het belowe dat hy slegs vir Afrikaners (en hul ondersteuners) se vryheid gaan veg, en nie vreemdvolkiges ter wille gaan wees, “soos die VF+ dit totdusver gedoen het nie.”
    Bo-genoemde is ‘n duidelike bewys hoe skelm politici die Afrikanervolk oor ‘n tydperk van meer as 20 jaar mislei het. Geen wonder dat vele volksgenote nie meer oor politiek wil gesels nie. Maar, ons kan maar net hoop dat die volksraadsverkiesing in September die linkses en die regses van mekaar sal skei, sodat die wereld vir eens en vir altyd kan sien wie is republikeine, en wie is volksverraaiers wat liewers deel van ‘n liberale, linkse nasie wil wees.

Reacties zijn gesloten.