Ons vir jou: trieste statistieken

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Trieste statistieken

Sunette Bridges, bekende Afrikaanse sangeres, en dogter van die ewe bekende  voormalige Afrikaanse sanger – Bles Bridges – wat in ‘n verkeersongeluk oorlede is, het die wantoestande in Suid-Afrika so ernstig opgeneem, dat sy nou gereeld oor misdaad skryf.

Sy treur oor die duisende onskuldige mense wat die slagoffers van misdaad geword het, en van haar geliefde volk wat deur barbare uitgewis word, terwyl die politiek-korrektes van die wêreld niks aan die saak doen nie.

Hierdie jong ystervrou hou nou gereeld boek van misdaad op blankes in die land, en het gister onderstaande verslag bekendgemaak.

Van 1 Januarie 2013 tot 10 Augustus 2013 was die misdaad op blankes deur swartes asvolg:

Januarie:    32 aanvalle; 52 slagoffers; 1 verkrag; 20 vermoor.

Februarie:   20 aanvalle; 25 slagoffers; 1 verkrag; 13 vermoor.

Maart:          20 aanvalle; 30 slagoffers; 1 verkrag; 10 vermoor.

April:           46 aanvalle; 65 slagoffers; 8 verkrag; 18 vermoor.

Mei:             75 aanvalle; 107 slagoffers; 7 verkrag; 24 vermoor.

Junie:          51 aanvalle; 97 slagoffers; 2 verkrag; 15 vermoor.

Julie:           43 aanvalle; 77 slagoffers; 4 verkrag; 16 vermoor.

Augustus:   14 aanvalle; 31 slagoffers; 2 verkrag; 5 vermoor.

Peter Murray

3 gedachten over “Ons vir jou: trieste statistieken

  1. Hallo Peter….. zeer triestige statistieken , die mensonwaardige toestanden zijn zeker het gevolg van de beschavingsovername door de hersenlozen . Ik vrees dat wij binnen afzienbare tijd ook dergelijke statistieken kunnen doorsturen naar jou adres .Onze islam-migranten , vol liefde opgenomen door onze correcten, beschikken enkel over een hersenpan volgepropt met Allah-sprookjes maar spijtig genoeg geen verstand . Het zal naar mijn gevoel nog erger worden dan in jou mooie Zuid Afrika ! Onze NieVanHieren kunnen zich schuilen achter een GOD en vermits de vrijheid van godsdienst in onze grondwet heiliger is dan de Koran kunt ge het ergste verwachten , kritiek uiten staat gelijk met racisme en onverdraagzaamheid , want dan zijt ge volgens Anciaux aan’t zeveren . Geniet verder van uw land , ondanks alles ! Blijf weg uit Belgie want het word hier veel gevaarlijker zeker nu hun kweekprogamma omwille van de kindervergoeding geen grenzen meer kent !

  2. “Blijf weg uit België,” wat jammer! Twintig jaar gelede het ek nog gehoop ek en my gesin sal maar in een van die stamlande (Vlaanderland, Nederland, Duitsland of Skotland) gaan woon, maar dit lyk nou dat Europa slegs goed op die korttermyn sal wees.
    Ek wil so graag glo dat daar nog hoop vir die blankes in Suider Afrika is, maar as die swart massas nie van die ANC-regering wil afsien nie, twyfel ek of dit ooit weer goed sal gaan in ons land.
    Intussen durf ons nie agteroor sit en niks doen nie. Dit sal ook nie help om teenoor mekaar te kla nie (soos wat dit wel die geval is nie), maar ons moet positief bou aan die toekoms.
    “Afrikaners” en “Boere” (wat maar dieselfde mense is) is erg verdeeld. Die grootste gedeelte van ons volk is soos die “politiek-korrektes” in Europa. Solank hulle nie die slagoffers van geweldmisdaad is nie, is die ANC-regering vir hulle helemaal aanvaarbaar. Mandela se gewildheid onder Afrikaners styg daagliks. Dis verstommend hoeveel mense deur breinspoeling verower word. Diegene wat nie Mandela-ondersteuners is nie, ondersteun vir Helen Zille van die DA. Sy is net so slinks soos Mandela, en het al duisende Afrikaners “se harte gesteel.” Maar haar beleid verskil nie veel van dié van Mandela nie. Afrikaners is boos omdat sy net so hard veg om die Afrikaner se geskiedenis te vernietig. Ou straatname in Kaapstad, wat reeds meer as 300 jaar oud is, het sy laat verander na die name van ANC vryheidsvegters.
    Dis onbekend hoeveel van die 3-miljoen Afrikaners/Boere ondersteuners van ‘n onafhanklike Afrikaner/Boererepubliek is, maar ek glo dat, indien daar nou ‘n referendum onder die 4,5-miljoen blankes sou kon plaasvind, die republikeine meer as 20% van die stemme sal kry.
    Maar, onder die vryheidsoekende Afrikaners heers daar ook verdeeldheid. Sommiges wil ‘n volkstaat in die weste; ander wil ‘n volkstaat in die noorde; en nog ander glo “my plaas is my republiek, ek trek nie hier weg nie!”
    Dit sal miskien goed wees om – soos die beleid van die Volksraad reeds is – ‘n “vryheidsgebied” in elkeen van die 4 ou provinsies (Transvaal; Natal; Vrystaat; en Kaapland) te skep. Wanneer die Internasionale Hof in Den Haag dan vir ons die groen lig gee om wéér, een of meer, republieke te stig, dan het ons reeds ‘n infrastruktuur in plek.
    Totdusver is daar pro-republikeine in die Noord- en Wes-Kaap; daar is republikeine in Noord-Natal (waar die ou Republiek van Vrijheid was); daar is menigte republikeine in die ou Republiek Oranje Vrijstaat; en die meeste republikeine woon in Pretoria en omgewing, wat Transvaal as hul bakermat beskou.
    Die nadeel van die noordelike gebiede is dat daar tussen 30-miljoen en 40-miljoen swartes woon, en wat uit die blanke republieke “verwyder” sal moet word. Daarteenoor is daar slegs 250 000 swartes in die Noord-Kaap, en as die Afrikanergebied eers gerealiseer het, sal die Afrikaners se onmiddelike buurlande uit bruinmense, en nie uit swartes nie, bestaan.
    * Ek wil voorstel dat Vlaminge en Afrikaners/Boere met mekaar in noue verbinding bly. Indien dit vir ons totaal onmoontlik word om hier aan te bly, wil ons na Europa vlug. En indien dit vir die Dietse volke in die laaglande ondraaglik in Europa word, moet jullie maar na ons land vlug. Dit sal ons kanse om onafhanklik te word aansienlik verbeter. In die Noord-Kaap het ons slegs 500 000 immigrante uit die laaglande nodig om ‘n meerderheid te word. Noord-Kaap is ‘n reuse land van 361 830 vk/km. Maar, ons het nie die hele provinsie nodig nie. Ons sal met 50%, of selfs met 25%, van Noord-Kaap tevrede wees. Al wat ons kortkom, is Vlaamse nasionaliste wat ons getalle kan opstoot. Ons soek veral mense wat deskundiges is met die bou van diepseehawens.

  3. Daar heers groot onenigheid oor misdaadsyfers in Suid-Afrika. Die ANC en die polisie probeer om misdaad weg te steek, of om dit as “gladnie so erg nie” af te maak.
    Suid-Afrika se grootste Afrikaanse media-groep, Media24, wat voorheen ondersteuners van die Afrikanervolk was, is deesdae die Afrikaner se grootste vyand. Pogings deur regses om “boek te hou” van moorde op blankes, maar veral op Afrikaners en boere (agrariërs) op plase, word deur die Afrikaanse media as belaglik af te maak.
    ‘n Afgetrede joernalis, wat in Nederland gebore is, en nou weer in Nederland woon, het aanvanklik met die opteken van moorde op blankes begin, maar kon – weens die geweldige druk (emosioneel sowel as in volume) – nie die pas volhou nie.
    Die sangeres, Sunette Bridges, het nou die taak oorgeneem en is besig om geweldig gewild onder regses in Suid-Afrika te word. Daar is selfs sprake dat sy haar moontlik tot die politiek kan wend.
    Sunette is tans besig om ‘n lys saam te stel van moorde op blankes, deur swartes, sedert 1994. Die lys wat, tot op datum (31 Augustus), slegs die A en die B in die alfabet dek, toon dat daar meer as 2 keer soveel blankes aan die hand van swartes gesterf het, as die totale aantal swart vroue in Suid-Afrika wat in 20 jaar deur swart mans vermoor is.
    Dit is Sunette se ideaal om ‘n volledige lys van alle kombinasies op te stel en te publiseer. Dit wil sê: swart mans op swart mans; swart mans op swart vroue; swart mans op blanke mans; swart mans op blanke vroue; EN, blanke mans op blanke mans; blanke mans op blanke vroue; blanke mans op swart mans; blanke mans op swart vroue; EN blanke vroue op blanke mans; blanke vroue op blanke vroue; blanke vroue op swart mans; blanke vroue op swart vroue; EN swart vroue op swart vroue; swart vroue op swart mans; swart vroue op blanke mans; en swart vroue op blanke vrouens.
    Toe die atleet Oscar Pretorius sy vriendin Rivaa Steenkamp vermoor het, was die media, en veral die ANC se Vroueliga baie vinnig om te sê dat blanke mans in Suid-Afrika “die meeste moorde in Suid-Afrika pleeg.” Sunette Bridges wil nou al hierdie gerugte die nek omdraai deur met syfers te bewys dat dit onwaar is, en dat die swartes en die linkse media net daarop uit is om blankes (lees: Afrikaners) swart te smeer.

Reacties zijn gesloten.