Ons vir jou: protest tegen de misdaad

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Rooi Oktober

‘n Optog – om teen misdaad te betoog – sal op 10 Oktober 2013 in Pretoria gehou word.  10 Oktober is ook die geboortedag van Paul Kruger, gewese president van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal).

Die optog sal om 11:00 by die Kunsmuseum in Francis Baardstraat (voorheen bekend as Wesselsstraat), Pretoria begin, en by die Uniegebou eindig.

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/6/6b/Uniegebou.jpg

Uniegebou in Pretoria

Optoggangers word versoek om reeds van 10:00 af op die terrein van Pretoria se bekende Kunsmuseum te vergader, waarvandaan daar van 11:00 af na die Uniegebou gestap sal word.  Om 12:30 sal ‘n memorandum aan president Jacob Zuma oorhandig word.

Alhoewel die optog deur Suid-Afrika se Boervrou-liga, onder leiding van die bekende Afrikaanse sangeres – Sunette Bridges – gereël word, is dit bedoel om namens die hele gemeenskap van Suid-Afrika gehou te word.

Vriende uit die buiteland, wat toevallig dan in Suid-Afrika sal wees, word uitgenodig om aan die staptog deel te neem.
Sedert 1990 is ‘n onbekende getal mense in Suid-Afrika vermoor.  Deskundiges reken dat, uit ‘n totaal van meer as 60-miljoen inwoners, is tussen 250 000 en 300 000 mense vermoor.  Daarvan was 70 000 blankes, en 4 000 voedselprodusente (blanke boere).

Die adjunk-minister van Landbou, dr Pieter Mulder, het onlangs nog bevestig dat elke blanke boer genoeg voedsel aan gemiddeld 1 100 honger swartes per dag produseer, en dat die dood van ‘n boer vir die land ‘n groot verlies is.

“Aangesien landbou een van die land se grootste bronne van inkomste is, en omdat landbou die grootste werkgewer in Suid-Afrika is, kan ons nie bekostig om kundige landbouers te verloor nie,” het Dr Mulder gesê.

Suid-Afrika het in 1994 ‘n sogenaamde “demokratiese regering” gekry, en die land se Grondwet is deur vele internasionale kenners as “een van die beste ter wereld” beskryf.

Ten spyte van beloftes en voorspellings deur binnelandse sowel as buitelandse politici, dat die land na 1994 in ‘n UTOPIA sou verander, het Suid-Afrika jaar na jaar verder agteruitgegaan.  Vandag word Suid-Afrika nie-amptelik as die misdaad-hoofstad van die wêreld beskou.

Suid-Afrika se moordsyfer tel onder die wêreld se top 3 lande; roof onder die top 5; korrupsie onder die top 3; verkragtings onder die top 3; bedrog onder die top 3; swak bestuur en wan-administrasie onder die top 20; en so kan mens aangaan tot jy ‘n boek volgeskryf het.

Aangesien die ANC-regering ‘n kwota-stelsel handhaaf, en nie ‘n meriete-stelsel nie, is die land besig om op alle vlakke agteruit te gaan.

Peter Murray

Nvdr: Sunette Bridges webstek houdt de stand van moorden en geweldplegingen bij (Engels).

1 gedachte op “Ons vir jou: protest tegen de misdaad

  1. Die optog teen misdaad in Suid-Afrika, wat deur Sunette Bridges vir Pretorianers gereël word, het soveel positiewe reaksies uitgelok, dat ‘n soortgelyke optog op dieselfde dag vir Kaapstad gereël gaan word. Meer besonderhede is nog nie bekend nie, maar na verwagting sal dit groot ondersteuning geniet. Daar was ook oproepe om ‘n optog in Bloemfontein ook te hou.
    Genoemde 3 stede – Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein – is die land se 3 hoofstede. Pretoria is die administratiewe hoofstad; Kaapstad is die stad waarin die land se parlement gesetel is; en Bloemfontein is die juriediese hoofstad, waar die Appélhof gesetel is.
    * Meer inligting kan van Sunette Bridges verkry word. Sy sal dit waardeer om reaksie uit die buiteland te ontvang, veral van ons stamland Vlaanderen.

Reacties zijn gesloten.