Ons vir jou: nieuws uit Zuid-Afrika – brief aan president Zuma

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Geagte President Zuma,

 

Hier onder is ‘n paar voorstelle aan u om u te help om Suid-Afrika se swak ekonomie reg te kry.

In plaas daarvan om biljoene Rande van die arme belastingbetalers se geld aan u regering te gee, sodat hulle dit op onnodige partytjies (feestjes) kan bestee, en aan hulself onverdiende bonusse uitdeel, volg asseblief dievolgende voorstelle:

Daar is omtrent 10-miljoen mense bo die ouderdom van 50 in die land se werksmag.

Skenk aan elkeen van hulle R2-miljoen met die volgende voorwaardes:

Hulle MOET aftree: 10-miljoen vakante poste = Werkloosheidsprobleem is opgelos.

Hulle MOET elkeen ‘n nuwe voertuig koop: 10-miljoen voertuie verkoop = Probleme in die auto-industrie is opgelos.

Hulle MOET elkeen ‘n nuwe woning koop: 10-miljoen huise verkoop = Woningnood opgelos.

Hulle MOET hul kinders na ‘n skool, kollege of universiteit stuur: 10-miljoen gesinne werk en studeer = GEEN misdaad.

Hulle MOET elke week alkohol en tabak ter waarde van R100 koop: 10-miljoen maal R100 = Al u belastinggeld is terug.

President Zuma, indien u méér geld benodig, laat alle parlementslede hul woonsubsidies en hul valse uitgawe-eise aan die staat terug betaal.

Meneer die President, hier is nog ‘n voorstel:

Laat ons ALLE pensionarisse in die gevangenis plaas, en die misdadigers in tehuise vir bejaardes.

Bejaardes sal dan toegang hê tot storte (douchen), hobbies en uitstappies.  Hulle sal onbeperkte gratis voorskrifte ontvang, mediese behandeling, tandartsbehandeling en rolstoele.

Hulle sal konstant onder video-toesig wees, sodat hulle onmiddellik gehelp kan word wanneer nodig.  Beddegoed sal twee keer per week gewas word, en alle klere sal gewas, gestryk en aan elke eienaar terug besorg word.

‘n Bewaarder sal hulle elke 20 minute dop hou (in de gate houden), en hy sal hul kos na hul selle toe bring.  Hul familie sal hulle gereeld kom besoek, en hulle sal in ‘n sitkamer sit wat spesiaal vir daardie doel ontwerp en gebou is.

Die bejaardes sal oor ‘n moderne biblioteek, swembad, lesingsaal en gimnasium beskik.  Klere, skoene, pantoffels, pajamas, en regshulp sal gratis op aanvraag wees.

Private en veilige slaapkamers sal vir almal beskikbaar wees, en daar sal ‘n veilige buitehof wees waar almal gesonde buitelug-oefeninge kan doen.  Elke bejaarde kan ‘n computer, televisiestel, radio, en selfoon kry.

Daar sal ‘n raad van direkteure wees teenoor wie inwoners hul griewe en klagtes kan lug, en die bewaarders mag nie die inwoners se privaatheid skend nie.

Daarteenoor, sal die misdadigers vry en op hul eie aangewese wees, hulle sal koue kos kry, hulle sal geen beskerming ontvang nie.  Ligte moet om 20:00 afgeskakel wees, en daar sal slegs een keer per week gestort (douchen) mag word.

Misdadigers sal in klein kamertjies woon waarvoor hulle R1 000 (100 Euro) per week moet betaal, en daar sal geen hoop vir hulle wees om ooit weer uit die ouetehuis te kom nie.

Dink gerus na oor hierdie voorstelle, Meneer die President.

Peter Murray

2 gedachten over “Ons vir jou: nieuws uit Zuid-Afrika – brief aan president Zuma

  1. Hahaha… goeie pos Peter!
    Ek wonder net hoekom Zuma nou skielik ‘n ‘geagte’ president sou wees…

  2. Ropie,
    Die woorde “Geagte President” is ‘n aanhaling, en nie my eie woorde nie. Zuma het onlangs sy staatsrede gevoer, en ekonome het kommentaar gelewer. Die meeste het dit as “ou nuus” of as “niks seggend” afgemaak. Hier en daar was daar “positiewe” of “negatiewe” kommentaar. Die persoon wat bo-staande kommentaar gelewer het, het Zuma as “geagte” aangespreek.

Reacties zijn gesloten.