In de brievenbus: een reactie uit Zuid-Afrika

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Onze medewerker Peter Murray plaatste onderstaande reactie op “Wat denkt de publieke opinie in Vlaanderen?”

Hij herkent vele zaken.  Zoals hoe rechtse partijen en meningen behandeld worden.  Zoals de perfide rol van de media die het publiek bespelen, manipuleren.  Zoals de strijd om een eigen identiteit, een eigen cultuur, een eigen land.  En de steun, die er slechts komt vanuit de alternatieve media, vanuit blogs, zoals Golfbrekers, en vanuit rechtse Europese partijen zoals het Vlaams Belang.

Wij plaatsen onderaan nog een filmpje over een schaamteloze car-jacking in Johannesburg: overdag, aan een kruispunt, zonder dat er iemand ingrijpt.

“Dit klink helemaal bekend!
In Suid-Afrika was die linkses maar nog altyd so. Die regses word soos kinders behandel. Die regses is dom. Die regses is verkramp. Die regses is agterlik. Die regses is rassiste. Die regses is nie in tel nie. Ensovoorts.

In die jare sewentig, toe die regerende Nasionale Party begin het om links te beweeg, het 4 parlementslede geprotesteer en beswaar aangeteken. Hulle is summier geskors, en helemaal uit die party geskop. Spottekenaars het hulle met donkerbrille (ook sonbrille genoem) geteken. Hulle was dan kwansuis blind, en hulle was bysiende, terwyl die linkses “versiende” was. Twintig jare later, toe Nelson Mandela die regering oorgeneem het, blyk dit toe dat dit juis die regses is wat versiende was, en die linkses wat bysiende (of blind) was.

Die Eerste Minister – John Vorster – het gespot met die regses wie se openbare vergaderings in chaos uitmekaar gespat het, en van die NP (Nasionale Party) se vergaderings wat dan so “ordelik” was. Maar, dit was ondersteuners van die NP wat vergaderings van die opposisie op barbaarse wyse ontwrig het. Meubels (stoele en tafels) is gebreek; vrot tamaties en eiers is na sprekers gegooi; en ondersteuners van die opposisie is aangerand. Daarteenoor was NP-vergaderings ordelik, omdat die opposisie nie molesmakers was nie.

Die nuwe opposisieparty, die HNP (Herstigte Nasionale Party), is deur die media verdag gemaak, beledig, belieg, verneder en sleggemaak. Wanneer iets positiefs gebeur het, of deur ‘n lid van die HNP gesê is, het die media dit verswyg.

Vandag is dit nog presies dieselfde. Die media ondersteun die Marxistiese ANC, en die linkse DA (Demokratiese Alliansie). Alhoewel meer as die helfte van die media in blanke hande is, skryf en praat hulle ten gunste van die swartes, en hulle gaan uit hul pad om die blankes belaglik te maak. Dit is niks anders as verraad nie!

Een van die hoofredes waarom die Afrikanervolk deur buitelanders as belaglik gesien word, is juis as gevolg van die leuen. Die Afrikanervolk (of Boerevolk) word al vir meer as 100 jaar deur die Engelse bespot, en leuegens oor die volk is aan die orde van die dag. Die eerste Boere-republiek is in 1795 op Swellendam naby Kaapstad gestig. Reeds toe al, het die Engelse die Europeërs in die Kaap gehaat met ‘n passie. Die name “Afrikaners” en “Boere” was toe nog nie algemeen nie, en daar is dikwels van “Vryburgers” gepraat. Met ander woorde, nie Engelse nie, ook nie VOC-amptenare nie, maar Vryburgers. Afstammelinge van immigrante uit Wes-Europa.

Die Afrikaner het oor die jare heen gewoont geraak daaraan om deur die Engelse beledig te word. Sedert 1948 het die swartes, en ander uitlanders, tot die geledere van die Engelse bygekom. Hulle ondersteun mekaar in hul haat vir die Afrikanervolk. En wat is méér suksesvol om ‘n volk af te breek as om leuens oor hom te vertel! Wanneer die buiteland iets oor die Afrikanervolk wil weet, word daar nie vir die Afrikaner self gevra nie, maar daar word met die swartes, en met Engelssprekende Suid-Afrikaners geheul.
Daarom is dit vir ons uiters noodsaaklik om van alternatiewe hulpmiddele soos die Internet; Facebook; E-pos; Skype; en Selfone (Mobiletjes); gebruik te maak. In ‘n gedrukte koerant; oor die radio; en oor televisie; sal ons vriende oorsee geen positiewe nuus oor die Afrikaner/Boerevolk kry nie.”

1 gedachte op “In de brievenbus: een reactie uit Zuid-Afrika

  1. Ek neem aan dat meegaande video in Gauteng geneem is. Gauteng is Suid-Afrika se kleinste, maar mees digbevolkte provinsie. Dit is 17 010 vk/km groot en het (amptelik) 10-miljoen inwoners. Aangesien daar elke dag duisende illegale immigrante uit ander dele van Afrika na ons land stroom, kan daar aangeneem word dat Gauteng se inwoners nou naby aan 15-miljoen is. Daarvan was 17% in die jaar 2000 Afrikaners, en 13% Engelse. Die jongste syfers is onbekend, maar dis te betwyfel of die blankes meer as 1,5-miljoen sal wees. Aangesien die meeste blankes hoegenaamd nie aggressief is nie, en vele reeds deur die ANC-wette ontwapen is, is die kanse dat blankes oornag deur swartes oorrompel kan word, baie groot. Gauteng se moordsyfer is 19,8% van Suid-Afrika se totaal, en daarmee die gevaarlikste van die land se 9 provinsies. Daarteenoor is Noord-Kaap, wat 361 830vk/km groot is, die land se veiligste provinsie, waar slegs 1,6% van die land se moorde (57 per dag) plaasvind.
    Dit is om daardie redes dat ons (die regses) wil dat ons volk in groot getalle na die Noord- en Wes-Kaap moet verhuis. Orania en Hopetown is groeipunte in die ooste van die gebied, maar daar word ook groeipunte in die weste beplan. Dorpe soos Hondeklipbaai, Doringbaai, en Clanwilliam word in die vooruitsig gestel.
    Ons het ons vriende in Vlaanderen se morele hulp dringend nodig. Na verwagting sal Suid-Afrika se volgende verkiesing in April 2014 plaasvind. Ons sal dan sien waar ons staan, en of daar dan dalk ‘n exodus na die weste van die land gaan plaasvind. Eiendomme in die weste is baie duur, en dit sal seker net die rykstes onder die ryk Afrikaners wees wat sal kan verhuis.
    Blankes het nog nie die swartes se kultuur aangeneem om in ander provinsies te gaan plak nie. Dus sal arm blankes nie sommer van een provinsie na ‘n ander porovinsie verhuis nie. Hulle (die arm blankes) is die sagte teikens van die swart barbare.

Reacties zijn gesloten.