Ons vir jou: verboden feestdag

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Ons vir jou: verboden feestdag!

‘Die Afrikanervolk se Stigtingsdag’

In die ou dae (1948 tot 1994) was dit ‘n openbare vakansiedag in Suid-Afrika, maar in die Nuwe Suid-Afrika wil ons vyande niks van die Afrikaner, en niks van Van Riebeeck weet nie.  Van Riebeeck speel ‘n belangrike rol in die geskiedenis van die Afrikanervolk, asook van baie Kleurlinge in die land.  6 April 1652 was nie net die datum van die aankoms van die eerste Europese immigrante in Suid-Afrika nie, maar dit was die datum waarop die Christendom, Calvinisme en Protestantisme aan die suidpunt van Afrika geplant is.  Na 362 jaar staan Calvinisme nog sterk in die land.

Peter Murray

“Jan van Riebeeck se Onderneming van 1654

Jan van Riebeeck skryf in 1654 in sy dagregister die belofte neer om “desen dagh, den 6en April wesende, van Godes eer met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vastblijvende danck ende bededagh in te stellen, ten eijnde daer bij des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen noijt vergeten, maer altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden moge worden.” Dit is duidelik dat Van Riebeeck en sy geselskap die historiese betekenis van 6 April 1652 goed begryp het; en daar word soms ook na hierdie onderneming as Van Riebeeck se Gelofte verwys. 6 April word dus toegewy aan die Here as ‘n spesiale dankdag en ‘n biddag. Veel meer hoef nie gesê te word oor wat dit dan eintlik vir ons behoort te beteken nie.”