Ons vir jou: Protest-Afrika

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

Ons vir jou: Suid-Afrika Protes-Afrika

Zuma weer uitgejou

In Pretoria het honderde taxi-operateurs tydens hul optog teen die e-tol-stelsel, kras bewoorde plakkate rondgeswaai wat pres. Jacob Zuma beledig.

 Talle operateurs het gewapen met knopkieries hul plakkate rond geswaai met bewoording soos “Shower man can go to hell”.

Die kras bewoording is ’n verwysing na die verkragtingsverhoor in die veelbesproke saak teen president Zuma in 2006, toe hy te kenne gegee het hy het gestort om te voorkom dat hy MIV/vigs opdoen.

Ander plakkate is gesien soos Zuma, you are a liar en Off Panzi Dipuo Peters.  Die taxi-operateurs het in ’n grief-skrif aan die kantoor van minister Dipuo Peters, Minister van Vervoer, oorhandig.  Die Nasionale taxi-vereniging het hul ontevredenheid bekend gemaak deur te betoog teen die regering se nalatigheid en hulle versuim om die beloofde lisensies aan taxi bestuurders uit te reik wat hulle kwytskel van e-tol gelde.

Suid-Afrika nou Protes-Afrika

Net in Sentraal-Transvaal alleen, is 122 gewelddadige protesoptogte in die afgelope drie maande gehou, en moes die polisie op 569 protesoptogte reageer in die hoop om betogers “te kalmeer en te beheer”.
Protesoptogte het so gewelddadig geword dat geen polisievoertuig meer veilig is in sekere gebiede nie, en enige gebou kan deur die massa betogers vernietig word met hul gier om alles af te brand as hulle oor iets ontevrede is.

Dit is die uitspraak van genl. Maj. Lesetja Mothiba, die waarnemende provinsiale polisiehoof, in Sentraal Transvaal.
Hy sê swart woongebiede soos Khutsong, Bekkersdal, en dorpe soos Roodepoort en Bronkhorstspruit word so erg geraak dat niemand meer veilig voel nie.
Tydens die “struggle” onluste en betogings is talle huise, ’n polisiekantoor, munisipale geboue en ’n biblioteek afgebrand.
Die betogers byt die situasie uit omdat hulle “die reg het om so op te tree omdat dit in die land se Grondwet vervat is om beswaar aan te teken as mense ontevrede is”.
Die Sharpeville-metode, om kinders die “voorlopers” te maak, werk blykbaar uitstekend vir die betogers, want die polisie besef blykbaar hulle kan nie weer kinders skiet nie.
’n Woordvoerder van die Oranje Sakekamer van Pretoria sê die betogings en gepaardgaande geweld kos die land miljarde rand, want buitelandse beleggers is so daardeur afgeskrik dat hulle permanent wegbly uit die onlusgeteisterde land.
“Dit is nie meer Suid-Afrika nie, dit is Protes-Afrika,” het hy gesê.

Meer

Betogings kwel ANC

Peter Murray

1 gedachte op “Ons vir jou: Protest-Afrika

  1. Peter schrijft: ” Talle operateurs het gewapen met knopkieries hul plakkate rond geswaai met bewoording soos “Shower man can go to hell”.

    Misschien mag ek even verduidelijken dat ‘n ‘knopkierie’ ‘n (soort van) wandelstok is met ‘n bolvormig uiteinde dat inderdaad ook als slagwapen kan worden gebruikt.

Reacties zijn gesloten.