Ons vir jou: nieuws uit Zuid-Afrika. Een brok geschiedenis en een intriest toekomstbeeld

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

BLANKES STEEL VAN SWARTES

Volgens die geskiedenisboeke het swartes nooit enige grond besit nie.  Die woord “grondeienaarskap” is ‘n Westerse begrip wat nooit in die swart kultuur bestaan het nie.

Wanneer swartes in die jaar 2013 sê dat “blankes het ons grond gesteel”, mislei hulle hulself en die res van die publiek.  “Wat is dit dan dat blankes – meer spesifiek mans – gedurig aan swartes moet terug gee?”  Ons hoor dit deesdae gereeld in Suid-Afrika dat blankes nou aan swartes terug moet gee wat hulle van swartes gesteel het, en “as julle dit nie vrywillig wil terug gee nie, sal dit met geweld van julle terug geneem word,” soos wat blanke boere in Zimbabwe met geweld van hul eie plase (boerderijen) verwyder is.

Die leier van die vakbond Cosatu in die provinsie Wes-Kaap, mnr Tony Ehrenreich,  het onlangs gewaarsku dat blanke boere wat hul swart werknemers ontslaan, van hul plase ontneem sal word.  Nou wat moet die boere dan doen?  Toe die minimumloon vir plaaswerkers nog R69 per dag was, is die boere met die dood gedreig as hulle nie die loon na R150 per dag verhoog nie.  Slegs ‘n klein persentasie van Suid-Afrika se boere kan dit bekostig om permanente werkers sowel as seisoenwerkers elkeen R150 te betaal.  Die uitgawes aan lone weeg nie op teen die wins wat boere op vars (verse) produkte en wyn maak nie.

Boere het ‘n keuse; of hulle ontslaan niemand en betaal almal R69, of hulle ontslaan 50% van hul werknemers en betaal die oorblywendes R150.  Altwee is nie moontlik nie.

Swart stamme het met die jare heen van Midde Afrika af suidwaarts gemigreer.  Die geskiedenis toon dat daar gedurig onderlinge twis tussen swart stamme was, en dat die swakker stamme hulle moes onderwerp aan die sterker stamme.  Diegene wat hulle nie wou onderwerp nie, is dikwels uitgeroei.  Mans is vermoor, en vrouens en kinders moes vir die sterker stamme as seksslawe werk.  Soms het dit gebeur dat ‘n swak stam tog daarin geslaag het om die uitroeiing te ontsnap en na veiliger oorde te vlug.

In die proses het die swartes van Midde-Afrika al hoe meer suidwaarts en suidooswaarts gevlug.  Daar was geen sprake van amptelike grondeienaarskap nie.  Die rede waarom swart stamme suidwaarts beweeg het, was deels om van moordbendes te vlug, en deels om weiding vir hul vee te soek.

Blankes het op hul beurt noordwaartrs en noordooswaarts getrek, ook om beter weiveld vir hul diere te soek, maar deels ook om van die Britse regering in die Kaap weg te kom.  Die Boere was van die begin af ‘n vryheidsoekende volk, en het onbewoonde grondgebied gesoek waar hulle ‘n republiek kon stig.  Dit was geensins – op geen stadium – die Boere se idee om grondgebied van ander volke te steel of te roof nie.

Wat die blankes in die binneland aangetref het, was ‘n leë gebied waar geen mense gewoon het nie; daar was geen infrastruktuur nie; daar was nie wolkekrabbers (hoë geboue) nie; daar was nie mynskagte nie; daar was nie goudmyne wat 4 000 meter diep was nie; daar was geen lughawens nie; daar was geen biblioteke met duisende boeke daarin nie; daar was nie skole en universiteite nie; daar was nie professore met internasionaal erkende doktorsgrade nie; daar was geen spoorlyne waar sneltreine daagliks honderde passasiers heen-en-weer vervoer het nie; daar was nie reuse kragstasies waar elektrisiteit opgewek word nie; daar was nie duisende kilometers se geteerde padnetwerke nie; daar was nie militêre basisse waar soldate ten duurste opgelei kon word om vegvliegtuie, helikopters, en oorlogtenks te hanteer nie; daar was nie graansilo’s vol graan, wat miljoene honger swartes kon voed nie (elke blanke boer in Suid-Afrika produseer gemiddeld genoeg voedsel om 1 100 swartes van 3 etes per dag te voorsien); daar was nie duisende werkgewers wat miljoene swart werkers van werk kon voorsien nie; daar was nie banke en ander finansinstellings om die land se finansies te beheer en rykdom te help skep nie. Suid-Afrika was so te sê leeg.  Daar was niks.

Nou hoe kan blankes iets steel wat nie bestaan het nie?!!! Wat die paar honderd blankes uit Europa (Nederlanders, Franse Hugenote, Duitsers, en ander klein groepies Europeërs) in die jare 1652 tot 1852 aan die suidpunt van Afrika gevind het, was inboorlinge wat aan die rand van die steentydperk geleef het.  Die oudste bewoners van Suider Afrika – die Xhoi (bestaande uit die klein, geelbruin Xhoi-San, ook Boesmans of Bosjesmannen genoem, en hul groter, rooibruin neefs, die Xhoi-Xhoi, ook Hottentotten genoem) – woon reeds sowat 20 000 jaar in Suider Afrika.  Hulle is hoofsaaklik jagters en het van die vleis van wilde diere geleef.  Die roofsugtige en moordlustige swart stamme het die Xhoi suidwaarts gedryf totdat hulle die suidpunt van Afrika bereik het.

Een van die VOC in Nederland se opdragte aan Kommandeur Jan van Riebeeck was “om handelsbande met die plaaslike bevolking te sluit.”  Van Riebeeck het egter later aan die VOC laat weet dat hier “geen beskaafde mense te vinde is wat as handelsvennote kan dien” nie.

Die Xhoi het klere van diervelle gedra; het lang stokke as wapens gebruik; het in grotte en primitiewe hutte gewoon; het soms van skulpvis en klein diertjies geleef; en het nog niks ontwerp nie (van die wiel het hulle niks geweet nie).  Van Riebeeck het die plaaslike bevolking as totaal ongeskik verklaar om enigsins mee handel te dryf, of om hulle te leer om groente en vrugte te verbou.

Hulle het geen respek vir die Hollanders se eiendom gehad nie, en het te eniger tyd, wanneer hulle honger was, die veeherders van die Hollanders vermoor en die diere gesteel.

Wat die swartmense se eise betref; as daar iemand is wie se grond “gesteel” is, dan is dit die Xhoi-San.  Die Xhoi-San (of Boesmans, of Bosjesmannen) het die hele Suider Afrika (van Kaapstad tot in Harare in Zimbabwe) bewoon.  Twintigduisend jaar al.  Alle ander volke en stamme in Suider Afrika was immigrante.

Toe die blankes in 1652 in Kaapstad aangekom het, was daar geen swartes nie, en toe die swartes in 1752 die oosgrens van die Oos-Kaap oorgesteek het, was daar geen blankes nie – maar daar was orals Xhoi-mense gewees wat saam met die wilde diere agter die reënwolke aan getrek het.

Portugese seevaarders wat in 1497 om die Kaap gevaar het, het in hul dagboeke aangeteken dat geen menslike wesens, behalwe klein groepies San, naby die kus waargeneem is nie.  Die eerste swartes is eeue later aan die Mosambiekse kus opgemerk.  Mosambiek was later, saam met Angola, Portugese kolonies.

Taaldeskundiges het gevind dat die tale wat deur die Nguni-stamme van Suid-Afrika gepraat word, naby verwant is aan die Neger-tale van die voormalige Belgiese Kongo.  Die oorsprong van dié tale lê in die Cameroen en Oos-Nigerië.  Sowat 3 000 jaar gelede het die Nguni-stamme vanaf Oos-Nigerië eers ooswaarts en later suidwaarts getrek.  Die trekgroep het in twee gedeel.  Een groep het suidwaarts na Gaboen en die Kongo, tot in Angola (Portugees Wes Afrika) getrek.  In die jaar 300 na Christus het die voorhoede die grense van die huidige Republiek van Suid-Afrika bereik.

Swartes (beide van Suid-Afrika self, en van elders in Afrika) beskuldig apartheid, en die blankes in Suid-Afrika, vir alles wat verkeerd is.  Ethiopia is ‘n land in Afrika wat nog nooit deur enige vreemde volk gekolonialiseer is nie, dus ook nie deur blankes nie, maar is nogtans een van die wêreld se armste lande.  Nou is die vraag:”Wie was vir die elende in Ethiopië verantwoordelik, apartheid, die Afrikaners, ander blanke nasies en volke, of wat?” Die meeste (indien nie almal nie) voormalige Afrika-kolonies het gefloreer terwyl die blankes daar was, en het ondergegaan nadat die blankes daar weggetrek het.

Iets wat swartes (en alle kritici van die Afrikanervolk) gerus moet doen, is om die twee lande, Zimbabwe en Duitsland, langs mekaar te plaas, en dan te kyk hoe groot die verskille is.

Duitsland is in 1945, tydens die Tweede Wêreldoorlog, byna in sy geheel deur bomme van die Gealieerde Magte plat gevee.  Niks het oorgebly nie! Die Duitse volk moes van heel voor af begin.  Verder is die Duitsers in twee lande verdeel, en Oos-Duitsland is deur die Kommuniste onderdruk.  Vyftien jaar later is die “nuwe” Duitsland as ‘n wonderwerk beskryf, en 30 jaar later het Duitsland se buurlande hul kommer uitgespreek oor Duitsland se militêre mag.  Teen die einde van apartheid het die twee dele van Duitsland (Oos en Wes) herenig, en hulle groei by die dag sterker en sterker, ten spyte van die agterstand wat Oos-Duitsland beleef het.

In die jaar 1902 was Suid-Afrika (en die Boerevolk) in ‘n soortgelyke posisie as die Duitse volk in 1945.  Feitlik alle boerderijen, en ander eiendom van die Boerevolk, was deur Brittanje vernietig.  Die Boerevolk, wat hoofsaaklik plattelanders was, is gedwing om in die stede, en in die goud- en steenkoolmyne, te werk.  Ses-en-veertig jaar later, in 1948, het die Boerevolk (toe Afrikaners genoem) die land se regering oorgeneem, en in 1961 het Dr Hendrik Frensch Verwoerd (wat in 1901 in Amsterdam gebore is) Suid-Afrika tot republiek verklaar.

Na 310 jaar het Suid-Afrika – onder leiding van vooruitstrewende Europese immigrante – van ‘n leë dop in 1652, tot ‘n Eerstewereldland in 1961, gegroei.  Swartes het wel as arbeiders ‘n grooit bydrae tot die land se ontwikkeling bygedra, maar hulle het niks ontwerp nie.  Afrikaners het, soos hul stamgenote in Wes-Europa, ‘n leefwêreld uit die oorlog se chaos geskep. Asgevolg van boikotte, wat deur ons stamlande teen die apartheidsregering ingestel is, het Afrikaners geleer om selfstandig te wees.  Die boikotte het ons seergemaak, maar nie onder gekry nie.

Alles wat die land nie kon invoer nie, moes Afrikaners self vervaardig.  Ingenieurs en skeikundiges het vir talle deurbrake gesorg.  Olie is uit steenkool vervaardig; elektrisiteit is uit kernkrag vervaardig, en in die sestigerjare was Suid-Afrika gereed om sy eie kernbom te vervaardig; verskeie universiteite vir swart studente is opgerig, en elkeen kon in sy eie taal studeer; in 1961 was daar méér swart motoreienaars (auto-mobilisten) in Suid-Afrika as wit eienaars in Rusland; daar was ook honderde swart geleerdes met doktorsgrade in Suid-Afrika, terwyl daar in die res van Afrika geen was nie; opgaardamme is in riviere gebou om die tekort aan drinkwater teen te werk; die land se padnetwerk is verbeter, en ‘n spoorlyn – om die land se grootste ysterertsmyn met die see te verbind – is in ‘n rekordtyd aangelê.  Reuse ondergrondse brandstoftenks is naby die land se grootste seehawens opgerig.

Ook op die gebied van gesondheid was Suid-Afrika die res van Afrika, en groot dele van die res van die wêreld, ver voor.  Professor Doktor Christiaan Barnard, wat die wêreld se eerste hartoorplanting gedoen het, was ‘n Afrikaner.

Zimbabwe (voorheen Suid-Rhodesië) was met tsetsivlieg en malaria-muskiete geteister.  Duisende swartes het elke dag aan die byte van dié twee soorte insekte gesterf.  Afrikaner-geneeshere, en Afrikaner-gesondheidswerkers, het miljoene swartes se lewens gered deur teenmiddels te ontwikkel om die epidemies van malaria en slaapsiekte stop te sit.  Afrikaner-dokters het miljoene swartes se lewens gered deur hulle suksesvol teen ander siektes te behandel.  Sonder die hulp van Afrikaner-dokters sou miljoene swartes gesterf het.

Finansiële vooruitgang (die bietjie wat daar in Afrika bestaan) is aan die Hollanders te danke.  Kaapstad was binne ‘n paar dekades nadat Van Riebeeck daar geland het, een van die wêreld se belangrikste en bedrywigste handelsposte.  Die Hollanders het uit die niet, uit niks uit, van Kaapstad ‘n ryk stad gemaak, en Suider Afrika op die wêreldkaart geplaas.  Let Wel: Daar was geen goud en diamante, of ander minerale rykdomme, waarmee die Europeërs gou-gou ryk kon word nie.  Nee, dit was die kennis van handel, en van die bankwese, wat die Hollanders aan die Kaap ryk gemaak het.  Hulle het ook daardier kennis en ervaring met die res van die bevolking gedeel.

Die London Times het onlangs in ‘n hoofberig geskryf: “Suid-Afrika is die enigste land ter wereld waar AA (affirmative action) in die guns van die meerderheid is.  Die feit dat die politieke meerderheid AA nodig het om hulself teen die minderheid (8%) te beskerm, is ‘n bewys van hul totale onvermoë om die land te regeer, en om hul eie rykdom te genereer.  In plaas daarvan dat hulle hul eie rykdom skep, neem hulle die rykdom van ander weg.”

In 1990 was daar sowat 6,5-miljoen blankes in Suid-Afrika, waarvan 2,5-miljoen  Engelssprekend was.  Later in daardie jaar het mnr F W de Klerk, die laaste blanke president in Suid-Afrika, sy gewraakte toespraak gelewer waarin hy die Afrikanervolk om die bos gelei het.  ‘n Referendum is gehou en ‘n meerderheid van Afrikaners – byna 2-miljoen – het vir De Klerk se “nuwe” Suid-Afrika JA gestem.  Onmiddellik daarna het honderde-duisende Afrikaners die land verlaat.  Na sowat 20 jaar het ongeveer 1-miljoen Afrikaners (of 25% van die volk) hul geboorteland verlaat.  Die meerderheid van daardie 1-miljoen was die room van die bevolking – gegradueerdes, miljoenêrs, ambagslui, en ander hoogs opgeleide mense.

‘n Spotprenttekenaar het eendag ‘n skets gemaak van die 3 fases waardeur Suid-Afrika gegaan het.  In 1652 was die land leeg, met so hier en daar ‘n struktuur wat van modder en klei gebou is.  In 1992 het die land soos Manhatten gelyk, met wolkekrabbers, skoorstene en ander moderne strukture.  In die jaar 2052 lyk die land byna weer soos in 1652 – hier en daar ‘n modderhut, en tussenin lê miljoene  smeulende ashope.

Afrikaners sal hul geboorteland met plesier verlaat, mits daar ‘n alternatief is, maar ons stamlande stel méér belang daarin om miljoene onassimileerbare moslems binne te laat, eerder as om ons – wat stamgenote is – te akkommodeer.  Ons het geen keuse nie.  Ons veg met ons rug teen die muur, en ons sal veg tot die laaste Afrikaner gesneuwel het.

Peter Murray

3 reacties op “Ons vir jou: nieuws uit Zuid-Afrika. Een brok geschiedenis en een intriest toekomstbeeld

  1. Swartes in Suider Afrika kan slegs op oorlewering staat maak om hul geskiedenis oor te dra. Geen swart stam het in 1652 – en vele eeue daarna – sy eie geskrewe taal besit nie, en kon derhalwe ook nie die geskiedenis op skrif stel nie. Daarteenoor, het alle blanke immigrante hul eie geskiedenis op skrif gehad, en feitlik alle individue kon skryf.
    Vandag is daar vir elke inboorlingstam (swartes, bruines en geles) ‘n geskrewe taal in Suid-Afrika. Met die hulp van sendelinge uit Europa is elke stam se taal ontwikkel, en ‘n alfabet is vir elkeen ontwikkel.
    In die noorde en ooste van die land het lede van die Londonse Sending-genootskap die tale van ondermeer die Zoeloes ontwikkel en geboekstaaf. In die westelike dele van Suid-Afrika, en in Namibië, het lede van die Lutherse Kerk baanbrekerswerk gedoen om die taal, veral die geskrewe taal, onder die plaaslike gemeenskappe te ontwikkel.
    In die laaste 100 jaar was dit die Gereformeerde Kerke van die Afrikaners wat gehelp het om die laaste oorblywende tale – die Nama-taal van die Xhoi-Xhoi, en die !Kung-taal van die San – ook in skryfvorm te ontwikkel. Die meeste Boesmans (San) kan geen Engels verstaan nie, maar praat Afrikaans vlot. Daarteenoor is die swart stamme in die ooste van die land meer Engels-georiënteerd, en vele verstaan geen Afrikaans nie.
    In 1970 kon slegs 34% van Namibië se bevolking Engels praat en verstaan, en slegs 1% het Engels as moedertaal gepraat. Afrikaans is die Lingua Franca van Namibië. Sowat 90% van die bevolking in Namibië kon Afrikaans verstaan, en 45% kon Duits verstaan.
    Bo-genoemde statistiek weerspieël ook die res van die geskiedenis van Suid-Afrika en sy buurland Namibië. Dit is dan ook gladnie vreemd dat die huidige geslag Afrikaners – na sy slegte ervaring met die ANC-regerings – neig om na die westelike deel van die land terug te keer nie.
    Alhoewel die exodus nog nie noemenswaardig groot is nie, is daar tog duisende Afrikaners, wat tradisioneel in die noorde van Suid-Afrika gewoon het, wat nou na daardie dele verhuis waar hul voorvaders 300 jaar gelede gewoon het – die Noord-Kaap, Noordwes-Kaap, Wes-Kaap en Suid-Kaap!
    Kaapland wes van die Groot Visrivier in die provinsie Oos-Kaap (naby Oos-Londen), was nooit tradisioneel deur swartes bewoon nie. Die gebied tussen die Visrivier by Port Alfred, en die Gamtoosrivier by Jeffreysbaai (wat die groot hawestad – Port Elizabeth – insluit), kan as “grensgebied” beskou word. Tydens die Grensoorloë – wat tussen Xhosas en Engelse, en tussen Xhosas en Boere gewoed het – is die grens tussen swart en wit dikwels deur die Engelse bewind in Kaapstad verskuif.
    ‘n Maklike manier om hierdie grensgeskille by te lê, is om die grens tussen swart en wit (of dan, tussen swart en nie-swart) op die 25ste lengtegraad vas te stel. Alle grondgebied oos van die 26ste lengtegraad is tradisioneel swart gebied, en tussen 25 en 26 grade is grensgebied, of neutrale gebied. Wes van die 25ste graad is definitief die eiendom van wit en bruin.
    In die toekoms sal wit en bruin moet onderhandel oor hoe die WESTE verdeel moet word, en of dit een, onverdeelde gebied sal bly, wat as ‘n federale staat sal funksioneer. Die Weste het nooit aan swartes behoort nie, en kan nie deur blankes aan swartes “terug gegee word” nie!

  2. “Afrikaners sal hul geboorteland met plesier verlaat, mits daar ‘n alternatief is, maar ons stamlande stel méér belang daarin om miljoene onassimileerbare moslems binne te laat, eerder as om ons – wat stamgenote is – te akkommodeer.”

    Peter, ek is jammer om te sê maar ek stem nie heeltemal saam nie..
    As daar ‘n alternatief sou wees sal baie Afrikaners hul geboorteland wil verlaat maar hulle sal nie MET PLESIER so besluit nie!
    Maar jy is reg as jy sê die stamlande stel nie belang in om Afrikaners in Europa te akkommodeer… hierdie is ‘n groot jammerte maar dis die waarheid!  

  3. Ons voorland is uitwissing. As ek moet kies tussen uitwissing en ‘n heenkome elders, sal ek vir laasgenoemde kies – selfs met plesier. Ek sal nie die swartes hul sin gee nie. Hulle wil ons uitwis, en ek sal hulle nie hul sin gee nie. Hulle sal hier kripeer van honger, terwyl ek elders vir my ‘n toekoms skep.

Reacties zijn gesloten.