Ons vir jou: de komst der Hugenoten in Z-A

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

25 April 1688 – 25 April 2023

 Vir patriotiese Afrikaners het die datum 25 April ‘n belangrike betekenis, want dit is die datum waarop ons land se Franssprekende voorouers ons land amptelik binnegekom het.

Daar was ‘n paar “voorlopers” wat nie deel van die amptelike groep Franse Hugenote was nie, wat onafhanklik van mekaar die lang seereis na Suider Afrika aangepak het.  Die bekende Afrikaanse skrywer – J G le Roux – skryf in sy boek “Hugenotebloed in ons are” oor die geskiedenis van ons Hugenote-voorouers, en vertel dat, “toe die Edik van Nantes in 1598 afgekondig is, het dit geensins algemene geloofsvryheid vir die Protestante in Frankryk beteken nie.”  Die onderdrukking van Gereformeerdes in Europa het toegeneem en dit het al hoe moeiliker vir Protestante geword om hul geloof in ‘n dominant Katholieke atmosfeer uit te leef.

Weens die oorloë wat in die 17 lae lande gevoer is, is Frankryk se grense gedurig aangepas.  In 1659 is Artois by die res van Frankryk gevoeg, en moes die Protestante in dié gebied hul geboortegrond verlaat.  Groot dele van Vlaandere en Henegouwe is ook in die aanhoudende skermutselings tussen Frankryk en Spanje verower.  Met die Vrede van Aken in 1668 is die inlywing van gebiede insluitende Ath, Doornik, Rijsel, Kortrijk, Oudenaarde en Aalst, wat Frankryk in 1665 onverwags beset het, bekragtig.

Verdrag tussen Frankrijk en Spanje, 17 september 1678

Vrede van Nijmegen 17 september 1678

In 1672 is die oorlog tussen Frankryk en Spanje hervat en in 1678 het die Franse ook Ieper en Gent verower, maar met die Vrede van Nymegen in dieselfde jaar, moes Gent, Ath, Kortrijk, Aalst, Oudenaarde en Doornik weer aan Spanje teruggegee word.  In 1682 het Frankryk Kortrijk, en Diksmuide in vredestyd beset.

Die Katholieke het beweer dat die Edik van Nantes nie op die verowerde gebiede van toepassing was nie, en het die Protestante, wat ter wille van die bondgenoodskap tussen Nederland en Spanje deur die Spanjaarde verdra is, begin vervolg.  Die meeste van hierdie Protestante, wat nie vir die herroeping van die Edik van Nantes gewag het nie, het toe besluit om die land te verlaat en na Suid-Afrika geemigreer.

Hier die voorlopers het so ‘n goeie indruk op die Kaapse owerhede gemaak, dat hulle die weg vir die amptelike groep, wat heelwat later sou kom, voorberei het.  Hulle was meestal Franssprekende Wale, wat ook Vlaams magtig was, en wat goeie brugbouers was.  Hulle het die Kaapse Nederlanders goed verstaan en was goeie diplomate.

Toe kommandeur Simon van der Stel verneem dat daar ‘n groot groep vlugteling gereed maak om na Suid-Afrika te kom, het hy gesê:”Indien die Franse Hugenote net sulke godsdienstige mense is, en net so hard kan werk soos hul voorgangers, kan dit vir die jong gemeenskap aan die Kaap slegs goed wees!”

Franschhoek: La petite ferme

Onder die voorlopers was mense wat vandag van die bekendste families in Suid-Afrika is, soos:

Francois Villion van Clermont (deesdae bekend as die familie Viljoen); Piere le Fébre van Fleurbaix in Artois; Francois Bastiaanse van Armentieres naby Rijssel; Guillaume en Francois du Toit van Rijssel; Nicolas de Lanoy en Louis de Peronne van Nasaret naby Gent in Vlaandere.

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/7/75/Maria_van_Riebeeck.jpg/320px-Maria_van_Riebeeck.jpg

Maria de la Quellerie, echtg. Jan van Riebeeck

Francois Villion was alreeds in 1671 in die Kaap.  Hy was uitgesproke Gereformeerd, en was ‘n gemeenskapsleiewr wat groot indruk op die Nederlanders aan die Kaap gemaak het.  Hy was van die dorpie Clermont, naby Verdun, wat totaal deur die Franse Katholieke vernietig is.  Villion is met ‘n Duitse dame in Kaapstad getroud, en hulle was die stamouers van die reuse groot Viljoen-familie van Suid-Afrika.  Hulle kan dus as die oudste Hugenote-familie van Suid-Afrika beskou word, alhoewel die stigter van die Nederlandse verversingspos aan die Kaap, kommandeur Jan van Riebeeck, se vrou ook ‘n Hugenoot was.  Haar naam was Maria de la Quellerie.  Die Van Riebeecks het egter nie lank in die Kaap gewoon nie, en daar is geen nageslag van hulle in Suid-Afrika gebore nie.

Jan Van Riebeeck: aankomst in Kaapstad

Die voorlopers was ook die eerstes van die Hugenote wat plase in die destydse Kaap ontvang het.  Hulle het bewys dat hulle meesters in die wynbedryf was, en is mede verantwoordelik daarvoor dat Suid-Afrika se wyne oor honderde jare as van die beste ter wêreld beskou is.  Die bergagtige gebied tussen Kaapstad en die Groot Karoo, word die Boland genoem, en dit is waar die beste wyn geproduseer word.  Die Boland staan ook bekend vir sy goeie gehalte sagte vrugte, waarvan tafeldruiwe ‘n belangrikje deel is.

 Die hoë berge noordoos van Kaapstad staan as die Du Toit’sberge bekend, en is wêreldberoemd vir sy wyn en sagte vrugte.  Dit is ook deur hierdie bergreeks wat die bekende Hugenote-Tonnel loop.

Hugenotenmonument

Die aantal Franse Hugenote wat tussen 1688 en 1690 na Suid-Afrika gekom het, was maar net 150 mense, maar hulle het vinnig aangewas en het bekend gestaan as mense wat groot gesinne gehad het.  Vandag is die nageslagte van die Hugenote byna net soveel as dié van die Duitsers en die Nederlanders in die land (30%:30%:30%).

Die eerste skip met Franse Hugenote daarop, was die Nederlandse skip Voorschoten.  Die kaptein was Frans Villierius, en hy het op 31 Desember 1687 uit Delfthaven vertrek en op 13 April 1688 in Saldanhabaai gestrand, nadat ‘n sterk wind die skip van koers af gedwing het.  Dit is in Saldanhabaai waar waarskynlik ook een van die eerste moorde plaasgevind het.  ‘n Hottentot (deesdae Xhoi-Xhoi genoem) het vir Charles Marais (Senior) met ‘n harde voorwerp op sy kop geslaan.  *(Ek is ‘n lid van Charles Marais se groot nageslag in Suid-Afrika).

Die sloep Jupiter is later deur Jan van Riebeeck in Kaapstad na Saldanha gestuur om die gestrande passasiers na Tafelbaai-hawe te bring.  Onder die families was: Marais; Fouché; Pinard; Malherbe; Bruére; Le Roux; en Blois.

Die Kamer van Zeeland het die skip Oosterland na Suid-Afrika gestuur wat die afstand tussen Goeree en Tafelbaai in ‘n rekordtyd van 84 dae (3 Februarie 1688 tot 26 April 1688) afgelê het.  Aanboord was die families: De Savoye; Taillefert; Nourtier; Du Plessis; en De Bus.  Daar was ook ‘n soldaat aan boord – Jacques Therond – wat kort na sy aankoms op 31 Mei 1688 in Kaapstad uit diens bedank het, en deel van die gewone burgers geword het.

Op 12 Mei 1688 het die Borssenburg, wat aan die Amsterdamse Kamer behoort het, met ‘n paar Hugenote aan boord in Tafelbaai aangekom.  Jan Claesje Valcquijt was die skeepskaptein.  Hy het op 6 Januarie 1688 uit Texel vertrek.

Op 29 Mei 1688 het die Schelde in Tafelbaai aangekom.  Die families Des Prez en Prevost was aan boord.  Op die dag van aankoms, net voordat die passasiers die skip kon verlaat, is ‘n seun vir die gesin Prevost gebore.  Die familie Des Prez se naam het later na Du Preez verander, en het ook ‘n bekende en groot familie geword.

Op 20 Maart 1688 het die Berg China onder kaptein Samuel Janse van Grol uit Rotterdam vertrek en op 4 Augustus 1688 in Tafelbaai aangekom.  Hierdie skip was in meer as een opsig omstrede.  Sowat 30 mense het ter see gesterf, en verskeie passasiers was nie op die kaptein se lys geplaas nie.  Daar kan dus nie met sekerheid gesê word hoeveel passasiers daar aan boord was, en wat hul name was nie.  Die meeste vlugtelinge het van Provence gekom.  In Desember 1687 is daar ‘n lys van 34 passasiers in Rotterdam opgestel.  Dertig passasiers het ter see gesterf, maar heelwat meer as die 4 oorlewendes op die passasierslys het in Kaapstad aangekom.  Van die bekende name wat later groot naam vir Suid-Afrika gemaak het, was: Meinard; Jaubert (later Joubert); Jourdan (later Jordaan); Rousse; La Grange; en Verdeau.

Die Zuid-Bevelandt was die laaste van die groep georganiseerde skepe wat Franse Hugenote in 1688 uit Europa na Suid-Afrika vervoer het.  Dit het op 19 Augustus 1688 in Tafelbaai aangekom.  Die welbekende Ds Pierre Simond was hier aan boord saam met die families: Senechal (later Senekal); en Viret.

Op hierdie 6 skepe het 67 mans; 33 vroue; en 51 kinders oorspronklik aan boord gegaan, terwyl net 60 mans; 25 vroue; en 49 kinders in Tafelbaai aan land gegaan het.

Later in die eeu het verskeie ander skepe met Franse vlugtelinge aan boord in Kaapstad aangekom.  Die Hugenote wat as enkelinge na Suid-Afrika gekom het, se agtername was:

Nourtier; Du Bus; Caucherteux; Longue; Jourdan (Cabriere); Mallan (later Malan); Senechal; Vivier; Malherbe; Bruére; Le Roux (Blois); Le Roux; Le Roux ( Normandië); Rousseau; Rousseau: Retif; Retif; Terrier; Avice; Grillon; Jourdan (St Martin); Rousse; Verdeau; Roi; La Grange; Meyer; Fourie; Roux; Seugnet; Seugnet; Durand; Viret; Hugod; De Villiers; De Villiers; De Villiers; Therond.

Die gesinshoofde was: De Savoye; Des Prez; Prevost; Jacob; Des Ruelles; Neel; Marais; Foucher; Meinard; Perrotette; Cordier; Laillefert; Lombard.

Die gebiede waar die meeste vlugtelinge vandaan gekom het, was: Die gebied om die Luberon-gebergte in Provence; Die Loire-vallei tussen Blois en Orléance; Die Noordelike grensgebied teenaan die Spaanse Nederlande (Vlaandere); en meer eweredig uit ander dele van Frankryk.  Dit sal vir die leser interessanmt wees om te weet dat die vlugtelinge uit Provence hulle hoofsaaklik in die distrik Franschhoek in Suid-Afrika gevestig het.  Hulle was blykbaar afstammelinge van die Piedmontese, wat wel in Provence gewoon het, maar nie egte Franse was nie.  Hulle het hul eie taal en kultuur gehad.  Die res van die vlugtelinge het hulle as wynboere in die distrikte van Groot-Drakenstyein; Simondium; Paarl; Dal Josafat; en Wamakersvallei; gaan vestig.

File:HuguenotMemorialMuseumBuilding.jpg

Hugenotenmuseum in Franschhoek

Die intog van Franse vlugtelinge in Suid-Afrika het nog tot 1730 plaasgevind.  Lesers moet daarop let dat die Europeërs in Suid-Afrika toe nog gladnie kontak met die swart stamme uit Wes-Afrika en Sentraal Afrika gemaak het nie.  Daardie EERSTE KONTAK het eers in 1770 in die Oos-Kaap plaasgevind.  Die ver-Fransing van Kaapland was dus al afgehandel toe die Xhosas, as eerste swart Afrika-stam, vanuit Natal die Kaaplandse oosgrens begin oorsteek het.

Die Afrikanervolk se streng religeuse uitkyk op die lewe; sin vir dissipline; liefde vir die grond (akkerbou); en respek vir sy naaste; kom uit ‘n agtergrond van swaarkry.  Die Afrikaner/Boerevolk is trots op sy Franse herkoms, en bou vandag nog steeds voort op die fondamente wat die Franse Hugenote in Suid-Afrika se voorgeskiedenis gelê het.

Daar was ‘n tyd toe 25 April gereeld as Hugenotedag gevier is, maar die swart ANC-regering het dit as vakansiedag afgeskaf.  Wanneer die Boerevolk eendag onafhanklik in sy eie republiek word, sal Hugenotedag weer in ere herstel word.

Peter Murray

4 reacties op “Ons vir jou: de komst der Hugenoten in Z-A

  1. Hartelijke dank, beste Peter Murray, voor dit artikel, dat “grosso-modo” bij ons wél be/ge-kend is, doch… zovéél bijzonderheden van die geschiedenis (zoals U beschreef)… dààrvan hadden wij practisch géén benul.
    U, beste Peter, heeft ons een stukje “rijker-aan-kennis” gemaakt, vandaar onze oprechte dank. (^_-)

    • Die spreekwoord lui:”Kennis is mag!” En:”Soveel tale ek kan, soveel keer is ek ‘n man!”
      Om brugge te bou; om vriende van kennis te voorsien; om onsekerhede uit die weg te ruim; en om onenigheid – as gevolg van swak kommunikasie – te stop, dit is my passie.
      Ek is nie altyd bewus van my vriende in Vlaandere en Nederland se behoeftes oor Suid-Afrika nie, daarom nodig ek u (die lesers) uit om aan my onderwerpe te stuur waaroor ek kan skryf.

  2. Peter, dankie vir jou insiggewende bydrae oor die Franse Hugenote.
    Soos ek steeds vermoed het was daar by die ‘Franse’ ook Suid-Vlaminge wie se huistaal waarskynlik wel geen Frans sal gewees het.
    Terloops, ‘n van soos du Plessis vind ‘n mens ook nou nog in Noord-Frankryk. Hierdie Hugenote het hulle verbasend gou geassimileer maar dit is ook verbasend dat daar van die Franse taal (of die Franse dialekte), wat die Hugenote gepraat het, geen of amper geen spore is terug te vind in Afrikaans nie…

    • Ek spreek onder korreksie, maar ek dink die rede waarom die Franse taal in Suid-Afrika uitgesterf het, is omdat die Nederlandse owerhede in Kaapstad ‘n verbod op vreemde tale geplaas het. Heel aan die begin is Frans wel gepraat. Dit was veral die “aristokrate”, die hoë amptenare, geleerdes en …… kom ons sê maar die “snobs”, wat Frans gepraat het. Volgens die geskiedenisboeke wat ons op skool gebruik het, is Frans verbied, so ook Duits en ander Europese tale. Aan die een kan was dit seker ‘n wyse besluit gewees om eenheid en onderhorigheid onder die burgers te kweek, maar andersyds sou dit wonderlik gewees het indien Afrikaners van vroeg af geleer het om veeltalig te wees. Die meeste Afrikaners van vandag praat slegs Afrikaans, en ‘n swak Engels.

Reacties zijn gesloten.