1 gedachte op “In Duindorp willen ze er niet minder, maar helemaal geen!

  1. Ongelooflik! Ongelooflik!
    Die meeste Allochtone kom uit reuse groot lande, waarvan vele relatief vooruitstrewend is.
    Nederland was voorheen ‘n “onherbergsame” waterwoestyn. Die eerste bewoners het nie ander volke se lande binnegeval en beroof nie. Nee, Nederlanders het hard gewerk en hul waterwoestyn in ‘n paradys omskep. Nederland, asook België, is twee piepklein landjies, maar nou wil die Allochtone dat die “oordrewe tolerante” Nederlanders hul swaarverdiende loon aan luiaards uit ander werelddele afstaan. Dit, is vir my onbegryplik!
    Die instroming van vreemdelinge is blykbaar groter as die moontlikheid om nuwe wonings op te rig. Die skuldiges besef dit nie; die verontregtes (Nederlanders) besef dit nie; en die wereld besef dit nie. Dis ‘n skande!!!
    Ek het in die sewentigerjare vir ‘n paar jaar in Duitsland gewoon. Ek het Duitse bloed in my are; ek lyk soos ‘n Duitser; ek het ‘n Switserse aksent, en manier van praat; en, as afstammeling van Duitse immigrante in Suid-Afrika, het ek tog seker die reg om in Duitsland te woon. Ons – wat Afrikaners en Boere is – is nie kultuurvreemdes nie. Ons is ASSIMILEERBAAR in enige Wes-Europese land. Maar, in my tyd (1973) was daar soveel teenstand teen “Ausländer” in Duitsland, dat ek myself vrywilliglik uit die land verwyder het. Ek het net eenvoudig té veel respek vir die Duitse regses gehad om my teen hul wense te verset. Ek het begrip vir hul gevoelens gehad, en ek het die land sonder enige griewe verlaat.
    Maar, kan daar dieselfde van Wes-Europa se miljoene ONASSIMILEERBARE vreemdelinge gesê word?! Neen, hulle (die Allochtone) eis gelyke regte met hul gasheerlande se oer-inwoners. Daardie mense wat bloed, sweet en trane opgeoffer het om hul klein landjies leefbaar te maak. Nou wil die vreemdelinge baasspeel in hul gasheerlande.
    Ek ondersteun die slagspreuk “Eigen volk eerst!” 100%.

Reacties zijn gesloten.